Doringrosie: Twee feetjies sorg vir hope vermaak
Updated | By MornéJK
Die verhoogstuk Doringrosie, wat tans by Emperor's Palace op die planke is, sorg vir hope vermaak vir oud en jonk.
Met Charlize Berg, Marno van der Merwe en Bianca le Grange in die hoofrolverdeling kort daar niks wat talent aanbetref nie. Die werklike sterre is egter die twee feetjies.
Die feetjies word deur Hannes Brummer en Tiaan Rautenbach vertolk en sorg vir skerp humour vir grootmense, terwyl kinders die betowering van feetjie-wees geniet.
"Dit is ''n baie lekker rol en ek moet sê die uitrustings is nogals gemaklik - behalwe vir die korset," sê Hannes Brummer.
Brummer vertel dat hy baie uitgesien het na die rol en dat hy geleer het by Tiaan Rautenbach - wat al dié rol van tevore vertolk het.
As daar een vertoning is wat jy die jaar moet sien is dit Doringrosie.
Vermaak en grappies met politieke ondertone sal jou laat skater van die lag terwyl jy weggevoer word van die wereld se alledaagse probleme.
Ontmoet die twee feetjies hier:
Show's Stories
-
Woman furious after being asked to leave local pub over revealing clothing
A local woman was left disappointed after allegedly being told to leave ...
Breakfast with Martin Bester an hour ago -
Awkward moment tissue gets stuck to suspended EMPD chief's forehead
Things took a light-hearted turn during the Madlanga Commission proceedi...
Breakfast with Martin Bester 3 hours ago