"Ek is nou op die sepie waarmee ek groot geword het" - Mila Guy kuier in '7de Laan'

"Ek is nou op die sepie waarmee ek groot geword het" - Mila Guy kuier in '7de Laan'

Die 'Hotel' se Mila Guy is tans in die gewilde sepie '7de Laan' te sien. 

Mila Guy
Verskaf/ 7de Laan

Aktrise Mila Guy - is veral gewild vir haar rol, as Malanie Schmit in die kykNET komedie, 'Hotel' 

LEES: EKSKLUSIEF: 'Villa Rosa'-ster Therese Bam terug in sepie na 6 jaar!

Mila Guy is tans te sien in die sepie '7de Laan' - en sy het met Jacaranda FM se Dean Paulse gesels om meer te verklap oor haar nuwe karakter. Guy het ook verklap wat sy en haar akteur-kêrel Beer Adriaanse doen gedurende lockdown. En ja, sy deel ook meer oor wat nog voorlê vir haar. 

Hoe voel dit om deel te wees van die ‘7de Laan’-familie?

Dis 'n groot voorreg om deel te raak van so legendariese produksie wat teen hierdie tyd al eintlik volksbesit is. Dis veral gek om te dink ek is nou op die sepie waarmee ek groot geword het.

Watter rol vertolk jy in ‘7de Laan’?

Lana Basson, vrou aan 'Shawn Basson' gespeel deur Deànré Reiners wat die seun is van die Hillside skirk- DeWet Basson (Dirk Stoltz).

Wat is haar doel in die gewilde sepie?

Sy is getroud met 'Shawn Basson' en is die rede dat hy en sy ingewikkelde familie nog 'n rondte met mekaar het. 

Hoe verskil ‘Lana Basson’ van Mila?

Eerstens, ek is nie getroud nie en tweedens, ons trek baie anders aan.

Wat kan kykers verwag van ‘Lana Basson’?

Sy sal hopelik bietjie lig na die storie bring. Sy word openlik ontvang deur die Hillside-gemeenskap, maar aangesien sy nie regtig weet waarvoor sy haarself ingelaat het nie, is sy reg in die middel van die Basson-familiedrama.

Wat lê nog voor vir Mila Guy?

Ek het ń reeks wat uitkom in Junie/Julie waaroor ek nog nie mag praat nie en ek mik om hierdie jaar 'n bietjie regie te doen.

Wat doen jy en Beer Adriaanse gedurende lockdown én hoe hou julle julself besig?

Ons lees baie boek, oefen (pilates), kyk lekker movies en bak nou en dan ietsie.

View this post on Instagram

☀️☀️☀️

A post shared by mila guy (@milaguy) on

Blitsvrae aan Mila:

1.    Gunsteling-'7de Laan' karakter?

'Wilmien' van back in the day en nou sal dit 'Bonita' wees.

2.    Gunsteling-gereg?

My ma se sop of pampoenkoekies

3.    Gunsteling-drankie?

Baie skaam om te erken dis ń Redsquare. 

4.    Gunsteling-kleur?

Ligte pienk of smaraggroen

5.    Guilty pleasure?

Wit paaseiers en Kardashians

 

Show's Stories