Evangelis vaar uit teen Derick en Karlien
Updated | By MornéJK
Selfverklaarde evangelis, Johan Frederik Lee, het 'n video op Facebook gelaai waarin hy uitvaar teen populêre kultuur.

Hy het reageer op die woordewisseling tussen voormalige Springbok, Derick Hougaard en pop sangeres, Karlien van Jaarsveld se ma, Ronel Brink.
Derick en sy voormalige skoonma is sedert Sondag al aanmekaar op sosiale media met 'n oor-en-weer modder gooiery oor die Jenna Clifford verloofring wat na raming R100 000 werd is.
In die video, sê Johan Frederik Lee dat niemand belangstel in 'n "ander man" se liefdeslewe of "vuil wasgoed" nie.
LEES OOK: Derick Hougaard wys vinger na Karlien se ma
"Moet ons nie ophou met die gemors nie," sê Frederik Lee in die video.
Hy gaan voort deur raad vir Derick te gee: "My ou bul...luister nou wat die oom vandag vir jou sê. Dis nou tyd om klaar te 'sulk' en klaar te maak," sê Frederik Lee.
Vir Karlien het hy die volgende te sê gehad: "Gee die donderse man se ring vir hom terug, ASSEBLIEF!"
Show's Stories
-
Chihuahua saves owner trapped in icy glacier hole
Don't judge a little lapdog by its size!
The Drive with Rob & Roz 9 hours ago -
Ed Sheeran showcases debut collection of Jackson Pollock-esque art
He's in love with shapes made with paint!
The Drive with Rob & Roz 11 hours ago