Geen Innibos vanjaar
Updated | By Jacaranda FM
Die Innibos Kunstefees is weens die voortslepende onsekerheid oor die Covid-19-ramptoestand en die invloed daarvan op groot openbare byeenkomste gekanselleer.

Die Innibos Nasionale Kunstefees sou vanjaar in Desember plaasvind.
Die ikoniese fees, wat gewoontlik aan die einde van Junie in Mbombela aangebied word, was aan die begin van die grendeltydperk herskeduleer weens die Covid-19 pandemie.
LEES OOK: Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees wen 2018 se Fees van die Jaar
Luidens 'n persverklaring wat op die fees se Facebook-blad Woensdag gedeel is, was Innibos slaggereed om ondanks talle uitdagings die kunstefees te hou.
"Die risiko blyk eindelik net té groot te wees, en die onsekerheid kan nie onbepaald voortduur nie. Feesgangers wat reeds toegangskaartjies gekoop het, kan om ’n terugbetaling vra by Computicket tot en met 30 November 2020."
📣Innibos 2020 gekanselleer! Weens die voortslepende onsekerheid van die Covid-19-ramptoestand en die invloed daarvan op...
Posted by Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees on Wednesday, 21 October 2020
Die gewilde fees het weereens kykNET Fiëstas se Beste Fees in Suid-Afrika-toekenning ingepalm. Dit was die vyfde keer in tien jaar wat Innibos met die gesogte toekenning weggestap het.
Show's Stories
-
Traffic cop's hand signals leaves the internet confused
Whatever the gesture, be sure to keep safe out there this weekend...
The Workzone with Alex Jay 11 hours ago -
Take the family to Play Town in Centurion
A family-friendly place that focuses on pretend play with multiple theme...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 11 hours ago