KYK: Glansvrou Gloria Arendz wys haar Switserlandse-huis
Updated | By Jacaranda FM
Die glansvrou Gloria Arendz, wat in Elsiesrivier in Kaapstad groot geword het, het die tonge laat klap nadat sy haar huis in Kampsbaai gewys het. Hierdie keer wys sy haar spoghuis in Switserland.
Vroeër die jaar, op realiteitsreeks 'Die Real Housewives van die Wynlande', het die glansvrou Gloria Arendz die tonge behoorlik laat klap, nadat sy haar spoghuis in Kampsbaai op televisie gewys het.
Arendz beskryf haar Kampsbaai-huis as 'n "wonderlike kunswerk" waar sy vir elke tweede of derde maand vir werk tuisgaan.
Arendz is die suster van die beroemde modeontwerper Errol Arendz.
LEES: Die huisvroue ontmoet vir Gloria Arendz
In Sondagaand se episode van 'Kwêla' het Theresa Bam vir Arendz in Switserland gaan kuier.
In die onderhoud, gesels Arendz oor haar grootwordjare in Elsiesrivier, Kaapstad.
"My ouers was baie streng. Ons het nie vriende gehad nie. Na skool moes ons huiswerk doen en daarna ons ma help in die kombuis en daarna bed toe," het Arendz gesê.
Sy het ook bygevoeg dat Errol die kreatiewe een was.
"My ma was die dressmaker. Sy het klere gemaak vir mense."
LEES: Nataniël in die sop oor 'rassistiese' opmerkings
Volgens Arendz, het haar broer, Errol, die oorskiet-lap gevat en haar poppe aangetrek. En sy sou die poppe se grimering doen.
Na skool het Arendz skoonheidstegnologie gaan studeer, maar "beauty therapy was nie vir Kleurling of Swart vrouens nie".
"Dit was ons realiteit, maar dit het my sterker gemaak."
In 2005, het sy en haar sakeman, Rolf Theiler, getrou. Die glanspaartjie is al vir 18-jaar getroud en het drie pragtige kinders.
Meer Op Jacaranda FM
Show's Stories
-
Less braai and more savings: why South Africans are cutting down on braai-time
Telling South Africans they can't braai is like telling us loadshedding ...
The Drive with Rob & Roz 33 minutes ago -
WATCH: Shoppers shocked as Rihanna does her own shopping
The billionaire businesswoman had a hilarious interaction with a fellow ...
The Drive with Rob & Roz 48 minutes ago