Die huisvroue ontmoet vir Gloria Arendz

Die huisvroue ontmoet vir Gloria Arendz

Amy Kleinhans ontvang 'n oproep van haar jare lange vriendin Gloria Arendz, suster van die mode-ontwerper Errol Arendz, wat vir haar en die vroue nooi na Enigma, haar huis in Kampsbaai wat sy en haar Switserse-man vir 'n koel R99-miljoen gekoop het.

Amy Kleinhans Gloria Arendz
Instagram/ Amy Kleinhans

'n Aand in die Enigma van groot geld en glans

Amy Kleinhans ontvang 'n oproep van haar jare lange vriendin Gloria Arendz, suster van die mode-ontwerper Errol Arendz, wat vir haar en die vroue nooi na Enigma, haar huis in Kampsbaai wat sy en haar Switserse-man vir 'n koel R99-miljoen gekoop het.

LEES: Chanelle de Jager: Só het ek onder 'Dina én Ronel' se velle gekruip

Die huisvroue daag op in verruklike aandrokke in Bentleys en Enigma slaan hul asems weg met die intrapslag. 

"Dit lyk soos 'n movie,” sê Mariska. "Alles lyk so luxurious en ryk," voeg Amy by en Anita, wat in 'n vorige episode gesê het sy het "die mooiste huis", trek haar woorde terug.

LEES: Clare Wiese-Wentzel deel pragfoto van babaseuntjie

Terwyl die vroue hulle aan die vertrekke in Enigma vergaap, skrik hul toe Gloria die vertrek instap. Gloria is opgewonde om vir Amy weer te sien en haar vriende te leer ken.  

Karen rig haar wysvinger op Gloria en sê sy ken haar, maar Gloria kan haar nie plaas nie. Karen stel haarself voor as "Michelle" en Amy raak geïrriteerd. "Hoekom doen jy dit?" vra sy.

LEES: Sanger Heinz Winckler sê Sexpo advertensies is "onaanvaarbaar"

"Sommer van daar af, toe is dit afdraand, toe begin daai bal rol en dit sneeubal, betreffend Karen," is Anita se kommentaar.

Amy herenig met nog meer ou vriende toe hulle by die partytjie aansluit en selfs Anita is oorstelp toe sy een van haar "baie, baie goeie vriendinne", Anet Pienaar-Vosloo, sien. Amy sê dat sy graag wil hê die vroue moet "mix and mingle", maar hulle moet verstaan: "You’ve got to blend. Jy moet blend. Work the room."

Karen se gedrag trek weer aandag - sy praat met Errol Arendz asof sy hom al jare ken, gryp Gloria se hand om haar ring te sien en maak geselsies, maar gun ander nie ’n spreekbeurt nie.

LEES: Dís hoekom hierdie 'Krugersdorp'-man glo in tuine "k*k"

Toe Gloria voorstel dat Karen haar sjampanjeglas neersit voordat sy van die canapés eet, kap sy terug dat sy dink sy kan haarself "koördineer". Gloria en die voormalige Mej. Suid-Afrika, Basetsana Khumalo, wat dit ook hoor, begin onmiddellik kraai van die lag.

Amy sien dat Karen bietjie "los trek" en dit maak haar ongemaklik. "Kan sy nie net blend nie?" vra sy raadop. Candice gaan haal Karen tussen die ander gaste uit om weer by die groep huisvroue aan te sluit.

Die episode eindig op ’n ongemaklike noot met die vroue wat duidelik voel dat hulle ernstig met Karen moet praat, maar kykers sal tot volgende week moet wag om te sien wat verder by die Enigma-partytjie gebeur.

Vind foto's van Gloria Arendz se huis HIER.

'Die Real Housewives van die Wynlande' wys Donderdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144). Episodes is ook beskikbaar op DStv Catch Up.

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories