Sanger Heinz Winckler sê Sexpo advertensies is "onaanvaarbaar"

Sanger Heinz Winckler sê Sexpo advertensies is "onaanvaarbaar"

Suid-Afrikaanse sanger Heinz Winckler het sy mening oor die onlangse Sexpo advertensies uitgespreek.

Heinz Winckler
Heinz Winckler/ Instagram

Die Sexpo is 'n jaarlikse uitstalling waar besoekers talle stalletjies en vermaak kan geniet wat spesifiek fokus op seksualitieit. Dit sluit in verhoogproduksies, praatjies en honderde produkte van 'n seksuele aard.

Alhoewel die Sex Expo se uitgansgpunt is om gesonde seks en ingeligtheid oor seks te bevorder, stem nie almal saam met aard van die byeenkoms nie. 

Een van hierdie mense is die voormalige 'Idols'-wenner, Heinz Winckler. 

KYK: Kleuter gooi vloermoer tydens eertse gholf-les

Winckler het in 'n Facebook-plasing op die Somerset West Facebook-groep sy opinie oor spesifiek die advertensies van die Expo gelig.

"Die sexpo naamborde wat op die lampale is, is onaanvaarbaar en onvanpas en behoort dadelik verwyder te word," het hy op sy plasing gesryf.

Heinz Winckler Facebook
Facebook/ Screenshot

Volgens The Citizen het Winckler en die plaaslike stadsraad aangedring dat die plakkate verwyder word.

Sarah Dean, die Sex Expo organiseerder meen dat hierdie nie 'n geldige versoek is nie aangesien díe advertensies wel deur die City of Cape Town goedgekeur is voor dit aan die publiek bekend gemaak is. 

WATCH: Gauteng residents horrified over giant rats spotted in Alex

Sy sê dat meeste Kapenaars nie die sanger se gevoel oor die andvertensies deel nie, aangesien kaartjieverkope bo verwagting goed gedoen het.

Behalwe vir Winckler se groot sukses in die Suid-Afrikaanse musiek- en televisiebedryf het hy ook sukses bereik as 'n pastoor.

Na hy in 2016 sy eerste Christelike album vrygestel het, het die sanger meer begin fokus op bediening in kerke en verskeie byeenkomstes.

Wat dink jy?

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories