Idols SA: Duan Coetzee
Updated | By MornéJK
Opkomende sanger, Duan Coetzee het in rondte 3 van Idols SA uitgeval maar meen daar is geen keer aan sy drome nie.
Die 24-jarige van Pretoria het aan die Idols oudisies by die Pretoria Staatsteater deelgeneem en meen al het hy uitgeval was dit 'n leerskool vir hom.
"Ek was baie op my senuwees, veral toe ek voor die beoordeelaars verskyn het," meen Duan.
Hy sê dit was senutergend om voor Randal Abrahams op te tree.
"Randal het nie eintlik veel te sê gehad oor my optrede nie, maar het gesê dat hy nooit sal betaal om my op die verhoog te sien nie," sê Duan laggenderwys.
Dis die 13 de seisoen van die talent-soek kompetisie wat elke Sondag op Mzansi Magizc uitgesaai word.
Show's Stories
-
Lianie May skop die somer af met nuwe enkelsnit
Suid-Afrikaanse sanger Lianie May het op Breakfast with Martin Bester ko...
Breakfast with Martin Bester an hour ago -
How to use the 2026 public holidays to get 51 days off
2026 is around the corner and you might already want to start planning y...
Breakfast with Martin Bester an hour ago