Innibos 2016: 'n reuse sukses

Innibos 2016: 'n reuse sukses

Meer as 40 000 mense het Saterdagaand deur die hekke van die Innibos Fees in Mbombela gestroom vir die Jacaranda FM konsert. 

Innibos
Supplied

Die skouspelagtige vertoning het duisende feesgangers op hulle voete gehad met Charlize Berg, Brendan Peyper, Bobby en Karlien van Jaarsveld, Bok van Blerk, Jay en Lianie May, Joshua Na Die Reen en vele meer wat die skare bekoor het.


Talle kunstenaars het op verskeie ander verhoë opgetree en sien elke jaar uit na die fees wat onlangs as Suid-Afrika se gewildste kunstefees aangewys is.


Afrikaanse sanger, Len Muller meen die fees is beslis 'n hoogtepunt op sy jaarlikse kalender.

Show's Stories