Innibos loodskonsert om die draai
Updated | By MornéJK
Dis weer amper tyd vir een van Suid-Afrika se gewildste feeste.

Innibos in Mbombela trek elke jaar duisende feesgangers, en verjaar beloof om weer 'n ietsie vir almal te bied.
Pieter Koen, Kurt Darren en Die Campbells sal Vrydagaand op die verhoog wees tydens Innibos se amptelike loodskonsert.
"Die loodskonsert staan nou al in die volksmond bekend as die 'Mini-Bos' en dit is waar ons die amptelike program vir die kunstefees bekendstel," sê Innnibos se Sandra Jacobs.
Hierdie jaar se tema is "Fees in Oortreffende Trap" en volgens Jacobs het hulle die ekstra myl gegaan om te verseker dat daar 'n groot verskeidenheid produksies op die planke gebring word.
"Van Sandra Prinsloo, Rian van Heerden, Jak de Priester en Elvis Blue sal almal by die fees te sien wees en die volledige program sal beskikbaar wees op ons webwerf."

Dit is ook die tweede jaar wat die rock konsert op die hoofverhoog plaasvind. Jacobs skryf dit toe aan die gewildheid van dié konsert.
"Ons het gesukkel om 'n wenresep te kry vir die Donderdagaand - maar dit lyk of die rock-konsep werk en daarom is dit vanjaar terug met top rockers op die hoofverhoog," sê sy.
Die Jacaranda FM konsert vind op Saterdag die 8ste Julie plaas, en beloof om weereens die hoogtepunt van die Innibos Fees te wees. Nie minder as 15 van die land se top kunstenaars kom op een verhoog bymekaar vir 'n ware skouspel onder die sterre.
Kunstenaars wat tydens die Jacaranda FM konsert gaan optree is:
Refentse, Ricus Nel, Amanda Strydom, Snotkop, Elvis Blue, Juanita du Plessis, Kurt Darren, Dewald Wasserfall, Riana Nel, Robbie Wessels, Touch of Class, Monique, Corlea, Liezel Pieters en Adam.
http://innibos.co.za/
Show's Stories
-
SA TikTok star shares terrifying kidnapping attempt involving daughter
Viral dancing teacher and content creator Domonique Bullock spoke to Bre...
Breakfast with Martin Bester an hour ago -
Eating habits: Are they making my children sick?
"The first 1000 days... from conception to birth and the months followin...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp an hour ago