Jagveld lokprent vrygestel
Updated | By MornéJK
Die lokprent die langverwagte Afrikaanse aksie-riller, Jagveld, is bekendgestel. Die fliek sal op die 17de Maart in teaters begin wys.

Die opwindende plaaslike-vervaardigde film is gepak met elemente van aksie, riller asook spanning wat kyker op die punt van hul stoele sal hê.
Emma le Roux (vertolk deur Leandie du Randt) is op pad huis toe - die familieplaas in die Groot Karoo. Mooi, sagte Emma, die pasifis en laerskool-onderwyseres het hierdie roete al 'n duisend keer gery, sonder voorval - maar nie vandag nie.
Want haar paaie gaan kruis met Bosman, Baz, Boela, AJ en Piet.
Emma sien hoe dié bende 'n polisieman skiet waarna sy op diue vlug slaan van die monsters wat haar jag soos 'n wilde dier.
Maar sy baklei terug.
Jagveld se draaiboek is dan ook uit die pen van die internasionaal bekende skrywer en meester van hierdie genre, Deon Meyer, wat gesorg het dat die teks en storie van wêreldgehalte is.
Leandie du Randt, Neels van Jaarsveld, Tim Theron, Bouwer Bosch, Danie Putter, Luan Jacobs, Edwin van der Walt en Tertius Meintjies is onder ander in die aksie-riller te sien.
Show's Stories
-
LOOK: 'Housewife' Mel Viljoen shines in R55,000 outfit
The self-proclaimed 'Queen of Diamonds' put her most glamourous foot for...
The Drive with Rob & Roz 3 hours ago -
LISTEN: Parent listens to their podcast during child's match
This might be the most inconsiderate thing a person can do...
The Drive with Rob & Roz 4 hours ago