Jagveld lokprent vrygestel
Updated | By MornéJK
Die lokprent die langverwagte Afrikaanse aksie-riller, Jagveld, is bekendgestel. Die fliek sal op die 17de Maart in teaters begin wys.
Die opwindende plaaslike-vervaardigde film is gepak met elemente van aksie, riller asook spanning wat kyker op die punt van hul stoele sal hê.
Emma le Roux (vertolk deur Leandie du Randt) is op pad huis toe - die familieplaas in die Groot Karoo. Mooi, sagte Emma, die pasifis en laerskool-onderwyseres het hierdie roete al 'n duisend keer gery, sonder voorval - maar nie vandag nie.
Want haar paaie gaan kruis met Bosman, Baz, Boela, AJ en Piet.
Emma sien hoe dié bende 'n polisieman skiet waarna sy op diue vlug slaan van die monsters wat haar jag soos 'n wilde dier.
Maar sy baklei terug.
Jagveld se draaiboek is dan ook uit die pen van die internasionaal bekende skrywer en meester van hierdie genre, Deon Meyer, wat gesorg het dat die teks en storie van wêreldgehalte is.
Leandie du Randt, Neels van Jaarsveld, Tim Theron, Bouwer Bosch, Danie Putter, Luan Jacobs, Edwin van der Walt en Tertius Meintjies is onder ander in die aksie-riller te sien.
Show's Stories
-
Plans to crackdown on spam calls in South Africa
If you are as tired of receiving multiple spam calls daily as we are, he...
The Drive with Rob & Roz 1 day, 21 hours ago -
LOOK: R430,000 for one night in South Africa's most expensive Airbnb
From butlers to private aeroplane runways, these lavish listings are bri...
The Drive with Rob & Roz 1 day, 22 hours ago