VIDEO: Lizz Meiring praat oor haar nuwe fliek
Updated | By MornéJK
Aktrise Lizz Meiring meen die nuwe Afrikaanse fliek, Hoener Met Die Rooi Skoene,is baan-brekers werk wat elke Suid-Afrikaner moet sien.
Lizz Meiring is te sien in die rol van Bonnie van der Byl in die riller-komedie wat jou tone sal laat krul en sê die karakters is uniek, oorspronklik en magies.
Bonnie is 'n ontvangsdame van die internasionaal bekende De Waal Teateragentskap.
Terwyl sy een aand weer lustig voorklets op die foon, vermoor iemand haar baas, die suksesvolle, maar minder gewilde sakeman en impresario Du Toit de Waal.
LEES OOK: Lokprent: Hoener Met Die Rooi Skoene
"Dit is een van die mees unieke, oorspronklike flieks wat nog ooit uit Suid-Afrika gekom het. Wanneer laas het jy 'n komiese, riller, moordstorie gesien?" meen Lizz.
Sy voer ook aan dat die tyd aangebreek het vir nuwe genres in die Afrikaanse filmbedryf.
"Dis gald nie platvloers nie, dit is slim en dis fyn," sê Lizz.
Lizz sê ook dat sy steeds, na 23 films, sukkel om na haarself op die grootskerm te kyk.
"Na 33 jaar in die bedryf het ek nog nooit daaraan gewoont geraak nie. Ek kyk na my pof-rot wange en dink: Lizz, jy moes eerder dit gedoen het of dat anders gedoen het..." sê sy laggenderwys.
Hoener Met Die Rooi Skoene begin eerskomende Vrydag by fliekteaters wys.
Show's Stories
-
Rassie Erasmus to receive SA’s highest award for uniting the country
Rassie Erasmus will be recognised for advancing “social cohesion among Sou…
Breakfast with Martin Bester 7 hours ago -
West Rand man’s underwear car prank has SA in stitches
This is next-level pranking…
Breakfast with Martin Bester 7 hours ago