Joshua Na Die Reën se nuwe musiek video
Updated | By MornéJK
Afrikaanse sanger Joshua Na Die Reën het pas sy musiekvideo bekend gestel vir sy treffer, Die Wêreld Binne My.

Die liedjie, wat eie is aan die unieke kontemporêre klank waarvoor Joshua na die Reën bekendheid en talle toekennings verwerf het, is 'n mengsel van roerende lewenswaarhede en aangrypende melodieë.
"Die beste verstaan wat ek van die lewe het, is dat elkeen van ons op verskillende maniere in jare grootword. Dit bepaal hoe ons voel, hoe ons leef, hoe ons na verskillende dinge kyk en dit dan probeer verstaan. Dit alles skep 'n wêreld binne elke mens," vertel hy.
Omdat Die Wêreld Binne My die sanger so na aan die hart lê, wou hy iets baie spesiaal doen om die boodskap op 'n treffende manier op die skerm vas te vang.
"Ek wou die kontras van verskillende dele van die wêreld binne en buite ons vasvang, daarom is daar verskillende ongerepte natuurelemente gebruik - nat, droog, berge, vlaktes, sterre, water, ensovoorts. Dit is moeilik om die komplekse wêreld binne ons te skets, maar ek hoop ten minstens dat die video mense sal laat besef dat daar bitter mooi dinge binne en buite ons aangaan," verklap die sanger oor die idee agter die video.
Show's Stories
-
WATCH: Kim Kardashian narrowly avoids fashion mishap at Met
You do not want to mess with Kim Kardashian's outfit!
The Drive with Rob & Roz 5 hours ago -
WATCH: First corgi police dog steals sausage from child
China has welcomed a very special, but somewhat naughty, member into its...
The Drive with Rob & Roz 7 hours ago