Karlien se ma: Elah is piepklein, maar sterk

Karlien se ma: Elah is piepklein, maar sterk

Karlien van Jaarsveld se ma, Ronel Brink, sê Elah se geboorte het Saterdag die familie totaal onkant gevang. 

Karlien Elah
Karlien van Jaarsveld/Instagram

Karlien het Saterdag - twee maande te vroeg - geboorte geskenk aan 'n babadogtertjie.

 

Die ouma sê Elah is "piepklein, maar sy is 'n sterk klein dogtertjie".


Brink sê sy het ses kleinkinders en dit is "die grootste geskenk ooit.

 

"My hart is so so dankbaar."

 


Karlien het in September ‘n foto van haar baba-maag op Instagram gedeel en gesê sy het klaar ‘n babanaam wat vir haar gegee is deur God.

 

Sy het later, na haar ooievaarstee die baba se naam met die publiek gedeel.

Show's Stories