Katinka Heyns se nuwe fliek begin vandag draai

Katinka Heyns se nuwe fliek begin vandag draai

Befaamde filmmaker Katinka Heyns se nuwe film, Die Rebellie van Lafras Verwy, begin vandag landswyd in fliekteaters wys.

Tobie Cronje
YouTube

Die film handel oor die 58-jarige Lafras Verwy, wat al vir dertig jaar vir die Staatsdiens in Pretoria werk en homself elke dag toewy daaraan om korrupsie te beveg.


"Dis nie jou archi-tipiese gelukkig einde nie en daar is onderliggende spanning en 'n onvermydelike slot," sê Heyns.


Heyns meen Tobie Conje se vertolking van die hoofkarakter Lafras Verwey is iets om te aanskou.

LEES OOK: Lokprent: Die Rebellie Van Lafras Verwey


"Omdat Tobie nog altyd komedie gespeel het sou mens hom nie noodwendig as 'n natuurlike keuse gesien het vir die rol nie, maar hy speel dit briljant," meen Heyns


Lafras is 'n dromer, wat nog nooit die realiteit rondom hom kon aanvaar nie. 

Hy voel vasgekeer in 'n vervelige, doellose wêreld. Hy verdien skaars genoeg geld om deur die maand te kom, maar droom van 'n glansryke toekoms waarin hy 'n bekende komponis of dirigent is - ten spyte van die feit dat hy nie eers bladmusiek kan lees nie.   


Heynns meen die oorhoofse boodskap in die film handel oor meegevoel vir jou medemens.


"As 'n film mense kan laat dink is dit goed. Hierdie film wil sê; wees sensitief vir jou mede mens - die wat nie werke of huise het nie," sê Heyns


Die Rebellie van Lafras Verwey word beskryf as 'n tragikomedie, wat gebaseer is op die 1971-drama wat deur die oorlede skrywer en sy seun, Simon Barnard, verwerk is in 'n eietydse draaiboek.

Show's Stories