Lokprent: Die Rebellie Van Lafras Verwey

Lokprent: Die Rebellie Van Lafras Verwey

Tobie Cronje is te sien in die hoofrol van die nuwe Afrikaanse fliek, Die Rebellie Van Lafras Verwey, wat in April fliekteaters tref. 

Tobie Cronje
YouTube

Die fliek is gegrond op die bekende radiodrama en verhoogstuk uit die pen van bekroonde skrywer, Chris Barnard,  en die lokprent is pas bekendgestel.

 

Hierdie tragi-komedie vertel die verhaal van Lafras Verwey, 'n aardsverlore siel wat nooit die werklikheid rondom hom kon aanvaar nie. 

 

Hy werk in die staatsdiens, maar hoor ander musiek in sy ore en droom drome oor 'n wonderlike toekoms. Hy sien homself as 'n sleutelfiguur in die voorbereiding van 'n groot rebellie wat die gesig van die wêreld sal verander. 


LEES OOK: VIDEO: Lizz Meiring praat oor haar nuwe fliek

Wanneer hy 'n jong swanger vrou, Petra, vertolk deur Chantelle Phillipus, onder sy vlerk neem, kry die rebellie vir hom nog groter betekenis. 

 

Komedie, drama en elemente van fantasie, word verweef in 'n aangrypende storie, van 'n man wat kans sien om die onmoontlike aan te durf om sy droom, van 'n beter wêreld vir almal, te verwesenlik.

 

Die rolprent is vervaardig deur veteraan skrywer en aktrise, Katinka Heyns.

Show's Stories