Lokprent: Die Rebellie Van Lafras Verwey
Updated | By MornéJK
Tobie Cronje is te sien in die hoofrol van die nuwe Afrikaanse fliek, Die Rebellie Van Lafras Verwey, wat in April fliekteaters tref.
Die fliek is gegrond op die bekende radiodrama en verhoogstuk uit die pen van bekroonde skrywer, Chris Barnard, en die lokprent is pas bekendgestel.
Hierdie tragi-komedie vertel die verhaal van Lafras Verwey, 'n aardsverlore siel wat nooit die werklikheid rondom hom kon aanvaar nie.
Hy werk in die staatsdiens, maar hoor ander musiek in sy ore en droom drome oor 'n wonderlike toekoms. Hy sien homself as 'n sleutelfiguur in die voorbereiding van 'n groot rebellie wat die gesig van die wêreld sal verander.
LEES OOK: VIDEO: Lizz Meiring praat oor haar nuwe fliek
Wanneer hy 'n jong swanger vrou, Petra, vertolk deur Chantelle Phillipus, onder sy vlerk neem, kry die rebellie vir hom nog groter betekenis.
Komedie, drama en elemente van fantasie, word verweef in 'n aangrypende storie, van 'n man wat kans sien om die onmoontlike aan te durf om sy droom, van 'n beter wêreld vir almal, te verwesenlik.
Die rolprent is vervaardig deur veteraan skrywer en aktrise, Katinka Heyns.
Show's Stories
-
Rassie Erasmus to receive SA’s highest award for uniting the country
Rassie Erasmus will be recognised for advancing “social cohesion among Sou…
Breakfast with Martin Bester 2 days ago -
West Rand man’s underwear car prank has SA in stitches
This is next-level pranking…
Breakfast with Martin Bester 2 days, 1 hour ago