KYK: Hykie Berg vind weer liefde na pynlike egskeiding

KYK: Hykie Berg vind weer liefde na pynlike egskeiding

Hykie Berg het weer liefde gevind en het die afgelope naweek die groot vraag aan sy nou-verloofde in Hoedspruit gevra.

Hykie Berg
Instagram / Hykie Berg

Gewilde Suid-Afrikaanse akteur, Hykie Berg het weer ware liefde gevind, na hy verlede jaar deur 'n pynlike egskeiding gegaan het. 

Berg en sy eksvrou, Melissa, 'n voormalige Suid-Afrikaanse skopbokskampioen het na ses jaar besluit hul paaie moet skei. 

"Hoe dit ookal sy, daar is gerugte dat my en Melissa se paaie geskei het..dit is waar. Ons is n paar maande gelede geskei. Die redes is nie van belang nie, ons sal ook glad nie in diepte met die pers hieroor gesels nie," het hy in Oktober 2018 op sy Facebook blad geskryf.

LEES OOK: Binnelanders star, Hykie Berg confirms split: 'We got divorced a few months ago'

Sy nuwe liefde vir Gerridene de Vries het sedertien gegroei. Berg het die afgelope naweek vir Gerridene die groot vraag gevra by Moditlo River Lodge in Hoedspruit en het die spesiale oomblik met sy volgelinge op sosiale media gedeel. 

Die 'Binnelanders'-akteur het in 'n Instagram-inskrywing geskryf dat Gerridene nie 'n enkele ding verwag het nie. Hy het ook almal bedank wat hul ondersteun het gedurende die spesiale oomblik. 

Kyk na die spesiale oomblik hieronder:

View this post on Instagram

En die antwoord was....

A post shared by Hykie Berg (@hykieberg) on

View this post on Instagram

Ok dit lyk goed, dit lyk GOED!!!

A post shared by Hykie Berg (@hykieberg) on

LEES OOK: Annelisa Weiland bied 7de Laan vaarwel

Gerridene het ook haar pragtige verloofring op sosiale media gedeel:

Show's Stories