Liewe Heksie is in Pretoria
Updated | By MorneJK
Margit Meyer-Rodenbeck is te sien as Liewe Heksie in Flower Power wat tans by die Brooklyn Teater in Pretoria op die planke is.

Die verhoog-produksie spog met groot name soos Margit Meyer-Rödenbeck, (Dowwe Dolla) Chris van Niekerk, Loukmaan Adams en Hannes van Wyk in die rolverdeling.
Die teks is deur Francois Toerien en Margit Meyer-Rodenbeck ontwikkel met veteraan, Lizz Meiring wat die regie behartig.
"Mens kan die produksie net in een woord opsom: PRET!," meen Meyer-Rodenbeck wat die rol van Liewe Heksie vertolk.
Sy meen enige een - of jy 4 of 84 is - sal skater van die lag en die produksie geniet.
Karel-Kat, Blommie Kabouter en tot die Geel Heks het in Pretoria kom kuier en as jy hulle in aksie wil sien, kyk gerus die video vir meer besonderhede:

Show's Stories
-
Model Marciel Hopkins wys haar eersteling
Die voormalige 'Boer Soek 'n Vrou'-aanbieder en haar aantreklike man, Ha...
The Drive with Rob & Roz 5 hours ago -
WATCH: SA reacts to TikToker's new spin on a classic SA dish
If you are bored of eating normal pap, here is a new recipe for you to try.
The Drive with Rob & Roz 6 hours ago