Lokprent vir plaaslike film, Krotoa, bekendgestel

Lokprent vir plaaslike film, Krotoa, bekendgestel

Die lokprent vir die langverwagte plaaslike film Krotoa is die week bekendgestel.

Krotoa
Supplied

Volgens vervaardigers vertel die film die merkwaardige storie van 'n vurige elf-jarige Khoi-prinses, wat deur Charis Williams vertolk word.


Sy word weggeskeur van haar mense om vir Jan van Riebeeck te gaan werk.


Krotoa word na die eerste Fort, wat in 1652 deur die Oos-Indiese Kompanjie gevestig is, geneem waar sy grootword as 'n visionêre jong dame. 


Die film is geïnspireer deur 'n ware verhaal.


Krotoa het ook reeds 'n rits toekennings ontvang vir die maatskaplike kwessies wat dit aanraak, waaronder 'n toekenning van uitnemendheid by die Internasionale Rolprentfees vir Vroue, Sosiale Kwessies en Zero-diskriminasie, 'n Beste Rolprent van die Fees-toekenning by die Depth Of Field International Film Festival, 'n Platinum-toekenning by die Internasionale Rolprenttoekennings en 'n Diamant-toekenning by die Wêreldfees vir Filmmakers.

Krotoa is geskryf deur Kaye Ann Williams en Margaret Goldsmid en is in samewerking met die bekroonde film vervaardiger Roberta Durrant vervaardig.


"Daar is baie min Suid-Afrikaanse vroue, in vergelyking met mans, wat erkenning kry vir die impak wat hulle op die land se geskiedenis gehad het. Vroue soos Ruth First, Lillian Ngoyi, Bettie du Toit en Sophia Williams-du Bruyn het sterk gestaan in die opstand teen die Apartheids regering. Wanneer ons egter delf in Suid-Afrika se ryk geskiedenis, ontdek ons dat daar ander vroue is wat instrumenteel was tot die ontwikkeling van ons nasie was," sê Durrant.

Show's Stories