LUISTER: Michelle Botes skitter in nuwe telenovelle
Updated | By Scenic Drive With Rian
Legendariese aktrise Michelle Botes is terug op die kassie, in 'n nuwe rol - en sy het vir die Scenic Drive-span bietjie meer hieroor te vertel.

Michelle Botes is een van Suid-Afrika se mees aktrises - met talle toekennings en rolle agter haar naam.
'Die Swart Kat', 'Beelde', 'Arende', Konings' - noem dit en Michelle het al haar verskyning gemaak.
Die aktrise is veral bekend vir haar feeks-rol in 'Isidingo' - as Cherel de Villiers-le Roux-Haines-Holmes. Haar rol as Cheryl het haar talle toekenings verdien, onder andere vir Beste Aktrise in n sepie.
LEES: FOTO'S: Suid-Afrikaanse glanspaartjie verwag derde baba
Michelle is tans te sien in M-Net se eerste telanovella, 'Legacy'. Sy vertolk die rol van Angelique Price. Michelle het met die Scenic Drive-span gekuier oor haar sukses, stil-word-jare én haar nuwe rol in 'Legacy'.
Stil-word-jare
"Ek is terug - en gelukkiger as ooit!
"Ek moes wegkom. Ek moes myself vind. Ek het op 'n statium alleen gewoon. Ek het vir twee maande niemand gesien nie.
"Ek was uitgebrand. Ek moes my lewe verander. Op daardie statium het ek die rol vertolk van Cheryl - en sy was 'n t**f."
Michelle in 'Legacy'
"Dit is my eerste telenovelle. Dit is vinnig en dit is so pret. Ons weet nie wat is die eindproduk nie - dit is net só anders. My karakter is baie dramaties, wild."
Tune in to the 'Scenic Drive with Rian', weekdays from 16:00-19:00. Stream the show live here or download our mobile app here.
Show's Stories
-
Gentle goodbye: The funeral of a child
In this episode, we talk to Sonja Smith, one of South Africa's leading e...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 14 minutes ago -
No iron, no problem! Effective solution to wrinkled pants
Ironing has come a long way, but this man's creativity is hot off the pr...
The Workzone with Alex Jay 26 minutes ago