Marisa Drummond nou in 'Suidooster': Agt goed wat jy oor haar moet weet

Marisa Drummond nou in 'Suidooster': Agt goed wat jy oor haar moet weet

Marisa Drummond maak dié week haar verskyning in die kykNET-sepie 'Suidooster'.

Marisa Drummond Suidooster
Verskaf/ kykNET

In 'Suidooster' vertolk Marisa Drummond die karakter van 'Orpa Blignaut'. 

LEES: 'Boer Soek 'n Vrou': Boer Hennie en Eloise raak verloof

Sy en haar man 'James', is sendelinge wat nou in Ruiterbosch wortel wil kom skiet. Kort voor lank raak die egpaar betrokke by Ruiterbosch se kerk waar Siya (Gantane Kusch) die pastoor is. Maar . . . maar Orpa weet al te goed hoe om (goed) gelowiges seepglad 'n rat voor die oë te draai. 

 Agt interessanthede oor die talentvolle Marisa Drummond: 

1. 'Hester & Ester Bester' was 'n groot deurbraak vir jou loopbaan. Hoekom dink jy was dié komediereeks so gewild?

Willie Esterhuysen reekse is oor die algemeen gewild onder Suid-Afrikaners. Wat dit vir my laat uitstaan het was die buitengewone onlogiese aanslag van al die karakters. 

Soos byvoorbeeld hul larger than life-oordrywende siening van die lewe. Die vier karakters, Bessie en Trompie en die twee geliefde susters was almal ontsettend kleurvol – nie net in stel, dekor, kostuum en grimering nie – maar ook in hul woordeskat en storielyne.

En dit was 'n disfunksionele familie wat die kyker soms kon laat vergeet van hul eie gesins-'konstruksie'(tong in kies). Die ikoniese sêgoed wat daarmee gepaard gegaan het, leef nou nog voort. Dink maar net aan 'slapslet', 'lugmatras', 'laat ontwikkel'...

LEES: "Ek is jammer" - Wynland-huisvrou meng pille en drank in vurige episode

2. Sepie-aanhangers ken jou al as venynige feekse Kimberly Lewis-Haines ('Isidingo') en Alexa ('Binnelanders'), en nou ontmoet hulle vir Orpa in 'Suidooster'. As jy 'n naam vir jouself as 'n sepieheks kon kies, wat sou dit wees? 

Oe! En moenie vergeet van 'Vera Nel', die reeksmoordenaar van die 'Die Byl' nie. Maar as ek self sou kon kies sou dit wees 'Esmerelda Verwey'. Moenie my vra hoekom nie, dit klink net of sy dinge nogal lelik deurmekaar kan krap.

3.     Jou CV as aktrise is indrukwekkend, maar wat is die één ding wat vir jou 'n loopbaanhoogtepunt is?

Dis 'n moeilike een om te antwoord want elke rol wat ek aanpak hetsy verhoog, voor die kamera, as regisseuse of skrywer, kry een honderd persent my aandag en liefde. Ek raak versot of karakters en stories en elke projek bring nuwe uitdagings en lekkertes. 

4. As jy nie 'n aktrise of in die vermaakbedryf was nie, wat sou jy andersins wou doen?

Ek sou nét met diere werk. Wild of mak. Dis waar ek myself kan wees en van myself gee en soveel meer terug ontvang as wat mens verwag. 

LEES: SA se TikTok-duo wys realiteit van oorsee bly

5. Wie is jou gunsteling aktrise?

Die Britse aktrise Emma Thompson, sonder twyfel. Ek het nog altyd al haar werk geniet. Haar storievertelling is soos 'n fyn geweefde tapisserie en jy wil elke draad van die kunswerk bestudeer. En sy is getrou aan haarself en gemaklik in haar eie vel. 

6. Wat is jou guilty pleasure om op TV te kyk?

Gee my enige dag 'n dokumentêr. Of dit nou 'n reeks of eenmalig is. Nothing beats a good doccie!

7. As jy aan enige werklikheidsreeks kon deelneem, wat sou dit wou wees?

Aan geen een nie. Dis 'n afbrekende wanuitbeelding van die mensdom.

LEES: Talle mans verkies om te sit en urineer

8. Hoe ontspan jy of wat doen jy om af te skakel?

Ek is mal oor stilte en 'n stukkie strandstap saam met my skaaphond en my pa. Ek en my pa is baie eenders en kan ure in mekaar se geselskap wees sonder om iets te sê en ons voel nooit ongemaklik of gedruk om 'n geselsie aan te knoop nie. Die slag wanneer ons wel doen het dit betekenis. 

'Suidooster', wat in 2022 met ’n SAFTA-toekenning as beste sepie bekroon is, saai Maandae tot Vrydae om 18:00 op kykNET en om 18:30 op kykNET & kie uit.

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories