KYK: SA se TikTok-duo wys realiteit van oorsee bly

KYK: SA se TikTok-duo wys realiteit van oorsee bly

Suid-Afrikaners oorsee mag dalk elektrisiteit hê, maar die gras is nie altyd groener aan die ander kant nie.

TikTok paartjie wys realiteit van Suid-Afrikaners wat oorsee trek
@janeywaney30/TikTok

As mens nou in die buiteland moet rondstap is daar 'n baie goeie kans dat jy nie net 'n enkele paar Suid-Afrikaners hier en daar gaan raakloop nie, maar dat jy hele gemeenskappe van immigrante regoor die wêreld sal kry.

LEES: Prince Harry, Meghan in 'near catastrophic' car chase: spokesperson

Maak nie saak waar jy jouself mag vind nie, daar is altyd sekere eg Suid-Afrikaanse dinge wat net mense van ons land sal verstaan.

Net soos wat jy nooit na 'n braai sal verwys as enige iets anders as 'n braai nie, is daar menigde voorbeelde van hoe mens mekaar in die buiteland kan identifiseer.

LEES: Komediant en akteur Melt Sieberhagen maak mooi vir liefdadigheid

TikTok-due, @janeywaney30, het onlangs 'n video gedeel wat vir jou presies 'n idee gee van hoe Suid-Afrikaners wat oorsee bly optree en alhoewel die video natuurlik net 'n grappie is, is daar tog waarheid daarin.

Kyk die video hieronder en besluit dan self of jy saamstem:

@janeywaney30 Suid-Afrikaners wat oorsee trek❤️ #afrikaans #afrikaanstok #afrikaanstiktok #afrikaanstiktoks #grappie #suidafrika ♬ original sound - Janey&Waney

Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Show's Stories