Komediant en akteur Melt Sieberhagen maak mooi vir liefdadigheid

Komediant en akteur Melt Sieberhagen maak mooi vir liefdadigheid

Trivia 'geek' maak seker liefdadigheid is die grootste wenner tydens 'n spesiale uitsending van 'Wie Word 'n Miljoenêr'.

Melt maak mooi vir liefdadigheid - Wie Word 'n Miljoenêr
kykNET

R250 000. Dit is die allemintige bedrag wat Woensdag 10 Mei met algemene kennis en 'n paar goeie raaiskote vir een van die land se bekendste liefdadigheidsorganisasies tydens 'n spesiale uitsending van 'Wie Word 'n Miljoenêr' gewen is. Volgens programaanbieder Rian van Heerden is dit terselfdetyd ook die meeste geld wat tot nou toe nog met bekendes in die reeks gewen is.

LEES: How much for an Uber from Joburg to Cape Town? YouTuber finds out...

Ses van die land se bekendstes op die kassie en oor die radiogolwe het teen mekaar meegeding om seker te maak hul gekose liefdadigheidsorganisasie gaan by hul algemene kennis baat.

Die komediant en akteur Melt Sieberhagen, 'Bravo!'-aanbieder Tracey Lange, 'Binnelanders' se Je-Ani Swiegelaar, Lourensa Eckard van 'In Gesprek', 'Troukoors' se Ilse-Lee van Niekerk en David Johnson van 'Getroud met Rugby' het teen mekaar te staan gekom.

LEES: WhatsApp announces new feature for 'special chats'

Dit sou juis Melt wees wat as die wenner van dié episode bekroon is en R250 000 vir die liefdadigheidsorganisasie Gift of the Givers losgeslaan het. Maar hoekom het hy juis hierdie organisasie gekies?

"Hulle kon amper half eerste op as ek dink aan mense wat rêrig 'n verskil maak en áktief 'n verskil maak. Ek het baie waardering en respek vir die werk wat hulle al het en wat ek al van hulle gehoor het. Dis net lekker om te sien mense doen die werk wat 'n mens sou verwag ander mense eintlik moes doen," het Melt oor sy keuse gesê.

LEES: WATCH: Homeless man saves baby from rolling into traffic

Hy het van meet af aan die toon aangegee toe hy die eerste een was wat Afrika-lande van groot na klein kon rangskik. Weldra het hy vir Lourensa as 'n spanmaat gekies "omdat sy ook geklink het asof sy ook skooltyd meer boeke as maats gehad het".

Nadat al sy hulplyne uitgeput is, moes hy op eie stoom 'n paar taai vrae self hanteer. Hy het wyslik besluit om nie die vraag op die halfmiljoen-kerf te antwoord nie en het by R250 000 volstaan.

Hoe voel hy oor die wengeld?

Melt was Dinsdag 16 Mei by Gift of the Givers om die reuse bedrag te oorhandig aan Dr. Imtiaz Sooliman, stigter van Gift of the Givers. 

LEES: Mej. SA-wenner sal nie meer deelneem aan Mej. Wêreld nie

"Die skenking bewys die goedheid van Suid-Afrikaners. Ongeag die uitdagings wat ons as 'n land in die gesig staar, is daar nog soveel hoop. Dié besluit van Melt om Gift of the Givers as sy welsynorganisasie van keuse in 'Wie Word 'n Miljoenêr' aan te wys, het opbouende blootstelling tot gevolg gehad en dien as 'n inspirasie vir almal," het Dr. Sooliman vertel. 

Skakel elke Woensdag aand om 20:00 in vir splinternuwe episodes van 'Wie Word 'n Miljoenêr' om te sien of iemand gaan wegloop met R1 000 000. 

Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Meer op Jacaranda FM


Show's Stories