Mej. SA-wenner sal nie meer deelneem aan Mej. Wêreld nie

Mej. SA-wenner sal nie meer deelneem aan Mej. Wêreld nie

Mej. Suid-Afrika het onlangs aangekondig dat hulle die reëls vir die kompetisie inskrywings gaan verander.

Mej SA sal nie meer in Mej Wereld kompetisie kan deelneem nie
Miss World Facebook

Dis weer daardie tyd van die jaar en die inskrywings vir Mej. Suid-Afrika is oop!

LUISTER: Boere-"boyband" Jan Jan Jan is meer as net 'n paar kuite

Die organisasie het onlangs aangekondig dat hulle die kompetisie reëls opgedateer het om meer inklusief te wees.

Die vereistes vir die kompetisie is dat deelnemers tussen die ouderdom van 20 jaar en 30 jaar moet wees, maar daar is ook nou ander reëls wat dit moontlik maak vir meer vrouens om te kan inskryf.

Die volgende vrouens mag nou inskryf:

  • Getroude, verloofde en geskeide vrouens
  • Vrouens met kinders
  • Alle sexuele orientasies
  • Geen lengte en gewig vereistes
  • Vrouens met tattoos en 'piercings'
  • Transgender en cisseksuele vrouens

LUISTER: Honde vlieg uit Soedan om herenig te word met familie in SA

Alhoewel baie te sê het oor die aanpassings is dit nou ook bekendgemaak dat die wenner van Mej. SA nie sal mag deelneem aan Mej. Wêreld nie.

Die Mej. SA organisasie het aan Netwerk24 gesê dat hulle besluit het "om op Mej. Heelal en Mej. Superinteernasionaal te fokus" omdat hulle waardes van inklusiwiteit meer ooreenstem.

Dit kom as 'n groot skok omdat Suid-Afrika al vanaf 1956 deelneem aan die kompetisie.

EKSKLUSIEF: Ikoniese Amy Kleinhans-Curd deel meer oor #RHOWL

Daar is nog wel hoop vir Suid-Afrika.

Carol Bouwer Productions is nou vanplan om 'n verteenwoordiger namens Suid-Afrika te stuur.

Die Mej. Wêreld titel is al deur Penelope Coelen (1958), Anneline Kriel (1974) en Rolene Strauss (2014) gewen.

Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Meer op Jacaranda FM


Show's Stories