LUISTER: Boere-"boyband" Jan Jan Jan is meer as net 'n paar kuite

LUISTER: Boere-"boyband" Jan Jan Jan is meer as net 'n paar kuite

Jan Jan Jan is terug met ‘n mini album waarop twee splinternuwe liedjies gehoor kan word. Kort op die hakke van 'Braaf soos ‘n Boerboel' wat vroeër vanjaar in samewerking met Helpende Hand se Tassie Projek uitgereik is, keer Jan Jan Jan terug 'Hy is ‘n Lekker Ou'.

MooiJan en die tannies kom kuier en gesels oor kuite, broekies en kamp
Verskaf

Die manne van die bekende sanggroep Jan Jan Jan het kom draai in die ateljee om oor hulle nuutste enkelsnit te gesels.

Luister na die onderhoud hier:

Getroue en nuwe Jan Jan Jan aanhangers kan uitsien na ‘n enkelsnit wat die voete sal kielie vir ‘n rondte op die dansvloer. Aanhangers sal ook dadelik ‘n ou bekende Boeremusiek treffer se klanke herken wat hierin saamgesmee is.

LUISTER: Honde vlieg uit Soedan om herenig te word met familie in SA

Beide ‘Hy’s ‘n Lekker Ou’ en ‘Wat as hierdie liefde is’ is onder andere deur MooiJan, die Boerboel Wear- en Select Musiek-span geskryf. Laasgenoemde is ‘n liedjie wat die storie vertel van hoe vriendskap soms lei tot romantiese liefde met ‘n lekker "country" verwerking. Almal smag mos maar na daardie perfekte een!

'Beautiful in Beaufort-Wes', wat deur wyle Theuns Jordaan bekendgemaak is, word afgestof met die Boere-"boyband" se unieke styl as huldeblyk. KleinJan verklap dat "dit ongelooflik was om dié treffer te kon vertolk op die album.


EKSKLUSIEF: Ikoniese Amy Kleinhans-Curd deel meer oor #RHOWL

https://www.jacarandafm.com/shows/drive/amy-kleinhans-curd-deel-meer-bts-info-oor-rhowl/

Beautiful in Beaufort-Wes is volkbesit en daarom bly dit 'n voorreg om hulde te bring aan Theuns, deur sy musiek te laat voortleef deur ons eie interpretasie daarvan".

As ‘n bonus het die Janne ‘n paar ander treffers ‘n ‘Janne-baadjie’ aangetrek in die opskop 'Jan Medley' treffer. Hierdie ou gunstelinge is meesterlik saamgesnoer in Jan Jan Jan se unieke styl en is alreeds ‘n groot treffer by hulle vertonings. Nostalgie het nog nooit so lekker geskop nie.

'Hy’s ‘n Lekker Ou' is op Vrydag, 5 Mei saam met die nuwe album vrygestel, en die musiekvideo is ook al op alle sosiale media platforms uit.

WATCH: Pregnant woman attacks cheating boyfriend in restaurant

Die publiek kan uitsien om lekker saam met Jan Jan Jan te lag en te deel in hulle interpretasie dat elke Afrikaanse persoon, man of vrou, eintlik “’n Lekker Ou” is. 

Meer daaroor kan ons nie nou uitlap nie, behalwe dat die tannies terug is met ‘n karavaan en gewapen is met ‘n verkyker en breipenne!

Ontmoet ook ons nuwe tannie, Tant Sêrra in hierdie komiese nuwe musiekvideo wat beloof om vir baie vermaak in die huis te sorg.

Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Volg ons op sosiale media:

Foto: Verskaf

Meer by Jacaranda FM


Show's Stories