Nog 'n SA fliek wys in die buiteland
Updated | By MornéJK
Die opspraakwekende film, Treurgrond, sal hierdie week vir die tweede keer in 'n jaar in die buiteland vertoon word.
Steve Hofmeyr, wat die rol van Lukas van Staden vertolk het in Treurgrond, het Sondaf na Antwerpen vertrek waar hy onder andere met die Vlaamse Parlement sal vergader.
Hofmeyr sal ook met die Europese Parlement ontmoet waartydens hulle gesprekke sal hê rondom die plaasmoorde en -aanvalle kwessies in Suid-Afrika. Treurgrond sal ook aan die Europese Parlement vertoon word.
Treurgrond is verlede jaar op 29 Mei 2015 landswyd in teaters vrygestel en het groot reaksie ontlok in Suid-Afrika, juis omdat dit 'n baie sensitiewe onderwerp aanraak. AfriForum sowel as TLU SA het hulle gewig agter die film deur Phoenix Films gegooi en al hulle steun hiervoor gegee. Hofmeyr self het in gewigte debadte deurgeloop, juis omdat hy so sterk oor die kwessie voel.
AfriForum en Solidariteit het in Oktober 2015 'n Duitse geselskap na Suid-Afrika gebring en Treurgrond is ook aan hulle vertoon met Duitse onderskrifte.
Treurgrond is ook vroeër vanjaar benoem vir 2 SAFTA toekennings en was verlede jaar deel van die jaarlikse Silwerskermfees.
- Persverklaring
Show's Stories
-
Woman uses frozen veggies as a substitute for her ice cubes
Does this mean she can consider this part of her daily vegetable intake?
The Workzone with Alex Jay 1 day, 14 hours ago -
Drouble Family Play World at Centurion Mall
"Get ready for Drouble – your all-new entertainment centre, where family...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 1 day, 14 hours ago