Onverwagse wending toe 'Op My Eish!'-deelnemer self besluit om huistoe te gaan

Onverwagse wending toe 'Op My Eish!'-deelnemer self besluit om huistoe te gaan

In episode sewe van 'Op My Eish!' was Brendan Peyper en die dames in skok gelaat toe Runet van Heerden besluit om nie die reis verder aan te pak nie. 

Brendan Peyper Soen Op My Eish
Verskaf/ kykNET

Dié donkerdop van Dubai het eers met Brendan Peyper gesels en daarna het sy wingman, Jo Black, die nuus met die dames gedeel.

LEES: Dozi en Nádine se nuwe 'love song' is hier!

Van Heerden het wel die vorige aand vir van die dames vertel, maar nooit het hulle gedink dit gaan rêrig gebeur nie.

"Ek was baie op my senuwees daai oggend en daar was ook 'n bietjie onsekerheid of ek die regte besluit maak. Maar ek het vroeg begin ervaar dat Brendan net oë vir een of twee meisies het. En daarom was ek nooit gemaklik om myself bloot te stel nie," vertel Runet van Heerden. 

Maar sy sê as sy wel dinge kon verander, sou sy haarself bietjie meer oopgemaak het vir die proses. 

LEES: Pastoor beweer Bernice West se 'Lyfie' is van hom gesteel

"Ek kon wys dat ek rêrig belanggestel het, maar dit was nie vir my maklik nie."

En met net sewe dames oor het die spanning omtrent verdubbel. Met die eerste aktiwiteit het Brendan Peyper vir Thelmané, Jonelle en Katja gekies om saam met hom te abseil.

Nadat Thelmané en Jonelle klaar was, het Brendan verklap dat hy opsetlik tot laaste gewag het om bietjie alleentyd met Katja te kry. Liefde was omtrent in die lug op die duine en Katja het van die oomblik gebruik gemaak om Brendan bietjie gerus te stel met ’n soen om sy hoogtevrees te oorkom.

LEES: 'Plan B': 'n Nuwe misdaadkomedie-reeks met 'n A-span akteurs aan die stuur

Die volgende aktiwiteit was saam met Rachelle, Janae, Chaunté en Christine. Dié klomp het in 'n lugballon gevlieg en daarna het Brendan vir Chaunté op 'n afspraak genooi.

En hier kon Brendan Peyper bietjie dieper delf met Chaunté. Chaunté het oopgemaak oor haar geloof, hoe sy geboelie was, haar eetversteuring en ook hoe sy voel oor die oorblywende dames. 

Maar Brendan Peyper het dit duidelik gemaak – hy hou glad nie van drama nie! Sal wat Chaunté gedeel het Brendan se keuses beïnvloed?

LEES: Elandré en Brendan Peyper slaan asems weg met Laurika Rauch treffer

'Op My Eish! word elke Donderdagaand om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Dit is ook beskikbaar op DStv Catch Up en DStv Stream. 

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories