VIA is opsoek na SA se top-trouvrou in nuwe program

VIA is opsoek na SA se top-trouvrou in nuwe program

VIA gaan soek sélf die land se top-trouvrou in ’n nuwe werklikheidsprogram 'Houvrou Of Trouvrou?' waar agt enkellopende vroue meeding vir dié gesogte titel. Terselfdertyd ondersoek die program ’n relevante vraag: Hoe lyk die moderne trouvrou?

Houvrou Of Trouvrou
Verskaf

Die wenner slaan nie ’n trouman los nie, maar lag al die pad bank toe met ’n tamaai kontantprys van ’n half miljoen rand in haar handsak.

LEES: 'Ons mis vir Shaleen' sê kykNET-hoof Waldimar Pelser

Christi Panagio is die aanbieder en die beoordelaars is die minlike Mnr. Suid-Afrika-finalis, Bauke Hanekom, die etiket-ghoeroe, Emsie Schoeman, en die pittige radio-aanbieder, Sherlin Barends.

Die formaat van 'Houvrou Of Trouvrou?' forseer deelnemers om onder druk te funksioneer, verhoudings te handhaaf en om moeilike situasies aan te pak, sê Panagio.

LEES: Maak gereed vir 'n nuwe avontuur met Nataniël en Erik le Roux

“Dis ’n tien-episode-tuimeltreinrit, gevul met emosies, humor, en natuurlik daaglikse en verrassende uitdagings. Die vroue word konstant uit hulle gemaksone gelig, wat uit die aard van die saak heerlike vermaak en kykstof verskaf.”

Ja, daar gaan wel gekook, huis skoongemaak en kinders opgepas word, sê die reeksvervaardiger en regisseur, Nini Conradie. 

“Dis ’n sosiale eksperiment en die uitgangspunt is: Hóé lyk ’n moderne trouvrou? Oor watter eienskappe beskik sy? Elk van die deelnemers kry daagliks ’n geleentheid om haarself te bewys deur middel van uitdagings wat ontwerp is om die deugde kenmerkend van ’n moderne trouvrou, te toets. Maak sy ’n goeie indruk? Is sy selfstandig? Het sy ’n kop vir geld? Is sy ’n goeie versorger?”

LEES: Shaleen Surtie-Richards wen SAFTA-toekenning

Elke dag hou ’n klein en groot uitdaging in. Die wenner van die daaglikse klein uitdagings slaan ’n strategiese voordeel los vir die dag se groot uitdaging. Hierdie voordeel kan enigiets wees van ekstra tyd in die groot uitdaging tot die kans om jou spanmaats te kies.

Om agt vroue oor tien dae te laat kragte meet, is een ding, maar om hulle uit mekaar se hare te hou is iets heeltemal anders. “Wel, stel dit só: Aan die begin dra almal hul grimering en mooiste glimlag, maar dit kan ook net so lank hou. Glo my, die naels sal een of ander tyd móét uitkom,” sê Nini. 

Volg ons op sosiale media: 

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories