LUISTER: 'Ons mis vir Shaleen' sê kykNET-hoof Waldimar Pelser
Updated | By The Drive with Rob & Roz
kykNET-hoof Waldimar Pelser het die ontslape Shaleen Surtie-Richards vereer vir haar talent na sy die SAFTA-toekenning vir Beste Vroulike Byspeler gewen het.

Die ontslape Shaleen Surtie-Richards het die SAFTA-toekenning vir Beste Vroulike Byspeler in die gewilde kykNET&Kie-telenovella, 'Arendsvlei', gewen.
LEES: Shaleen Surtie-Richards verklap haar mees ikoniese rolle
Die ikoniese aktrise, Surtie-Richards, se skielike sterfte in 2021 het die land geruk. Surtie-Richards was in Kaapstad om haar laaste episodes vir die kykNET&Kie telenovella, 'Arendsvlei' te skiet, toe sy sterf.
Surtie-Richards het in 2019 haar eerste verskyning in die telenovelle gemaak as 'Muriel Foster', 'n afgetrede verpleegster.
LEES: Shaleen Surtie-Richards wen SAFTA-toekenning
Die ontslape Surtie-Richards het Saterdag die SAFTA-toekenning ontvang vir die Beste Vroulike Byspeler vir haar rol as 'Muriel Foster' in 'Arendsvlei'.
kykNET-hoof, Waldimar Pelser, het Surtie-Richards vereer vir haar talent en rol in die gewilde telenovelle.
"Dit is moeilik om TV te verbeel sonder Shaleen Surtie-Richards. Haar laaste rol was in 'Arendsvlei' en kykNET is baie dankbaar dat sy nou daarvoor vereer is met hierdie SAFTA. Ons mis haar verskriklik baie," het Pelser aan Jacaranda FM genoem.
Skakel in op 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 -19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Meer Op Jacaranda FM
Show's Stories
-
VIDEO: Woman shares pro Google Maps hack for trips
This TikTok life hack is about to make your life so much easier.
The Drive with Rob & Roz 10 hours ago -
VIDEO: World's largest iceberg breaks free after 30 years
The iceberg, which is three times the size of New York City, is on the m...
The Drive with Rob & Roz 11 hours ago