KYK: Shaleen Surtie-Richards verklap haar mees ikoniese rolle

KYK: Shaleen Surtie-Richards verklap haar mees ikoniese rolle

Sy was volksbesit. Sy was onse 'Fiela Komoetie'. Onse 'Nenna Willemse'. Onse Shaleen Surtie-Richards. 

Shaleen Surtie-Richards
Supplied

Die ikoniese aktrise Shaleen Surtie-Richards is Maandagoggend op die ouderdom van 66 oorlede.

LEES: Die Scenic Drive vier Vrouemaand: Shaleen Surtie-Richards

Die veteraan aktrise word bestempel as een van Suid-Afrika se mees bekroonde toneelspelers. Met 'n magdom toekennings en benoemings agter haar naam, het Surtie-Richards verskeie uitdagings in die gesig gestaar.

In 2020, het Surtie-Richards haar 65ste verjaarsdag gevier - en die Scenic Drive-span het haar verras met 'n spesiale oproep om haar te eer vir haar werk as aktrise in die Afrikaanse industrie. 

LEES: "Dit gaan goed met my" - Shaleen Surtie-Richards vier haar 65ste verjaarsdag met die Scenic Drive-span

"Dit is 'n mylpaal - ek kan self nie glo ek leef nog nie," was haar woorde aan Rian van Heerden. 

As jy die naam Shaleen Surtie-Richards hoor, dink jy dadelik aan sekere ikoniese karakters wat sy vertolk het. 

In 2019, het Surtie-Richards genoem dat daar drie rolle is wat vir haar ikoniese sal bly.

Sy het geskiedkundige status aan hierdie drie rolle gegee. 

Die film, 'Fiela Se Kind' is steeds ikonies. Die film uit 1988 - gebaseer op die roman van die Afrikaanse skrywer Dalene Matthee - speel in die woude van Knysna en handel oor 'n Kaapse kleurlingvrou wat 'n verlate wit kind op haar drumpel ontdek. Sy besluit om hom as haar eie groot te maak.

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae vanaf 16:00-19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Foto: Jacaranda FM

Show's Stories