"Dit gaan goed met my" - Shaleen Surtie-Richards vier haar 65ste verjaarsdag met die Scenic Drive-span
Updated | By Scenic Drive With Rian
Die Scenic Drive-span het die legendariese Shaleen Surtie-Richards se verjaarsdag gedurende inperking met 'n telefoniese oproep gevier.

As jy die naam Sharleen Surtie-Richards hoor, dink jy dadelik aan 'Fiela Komoetie van die Langkloof' in die legendariese fliek 'Fiela se Kind.'
Sy is ook bekend vir haar vertolking as 'Nenna Willemse' in M-Net sepie, 'Egoli.'
LEES: Die Scenic Drive vier Vrouemaand: Shaleen Surtie-Richards
Die veteraan-aktrise word bestempel as een van Suid-Afrika se mees bekroonde toneelspelers. Met 'n magdom toekennings en benoemings agter haar naam, bieg Surtie-Richards dat sy tans verskeie uitdagings in die gesig staar.
Surtie-Richards vier vandag haar 65ste verjaarsdag - en die Scenic Drive-span het haar verras met 'n spesiale oproep om haar te eer vir haar werk as aktrise in die Afrikaanse industrie.
"Dit is 'n mylpaal - ek kan self nie glo ek leef nog nie. Ek is tans op 'n dieët en dit werk wonderlik.
"Ek het verskriklik baie boodskappe gekry.
"Ek is een van die dae terug in 'Arendsvlei.' Ek skiet ook volgende week 'n advertensie.
"Ek is bang vir die virus, maar dit gaan goed. My suiker is ook goed - ek gebruik nie meer insulien nie," Surtie-Richards.
Show's Stories
-
Chihuahua saves owner trapped in icy glacier hole
Don't judge a little lapdog by its size!
The Drive with Rob & Roz 11 hours ago -
Ed Sheeran showcases debut collection of Jackson Pollock-esque art
He's in love with shapes made with paint!
The Drive with Rob & Roz 13 hours ago