'Ou Ryperd'-sanger Dozi praat openlik oor sy liefdeslewe

'Ou Ryperd'-sanger Dozi praat openlik oor sy liefdeslewe

Die gewilde sanger, Dozi, het onlangs openlik gepraat oor sy liefdeslewe, hoekom hy verlief raak op jonger vroue, en sy verhouding met sy seun, Storm. 

Dozi omunye hit song performance

Die bekroonde sanger, Dozi, 58, het onlangs met Rian van Heerden gesels oor sy liefdeslewe en sy verhouding met sy seun, Storm, op die kykNET-program, 'Laataand By Rian'. 

LEES: Akteur David Rees kritiek, maar veg moedig voort

Na drie egskeidings het Dozi erken dat hy klaar is met die liefde. 

"Ek is klaar met daai dinge," het hy genoem.

Hy fokus nou op homself. 

"Jou lewe is eintlik net 'n dag lank en jy moet nie jou tyd mors nie. Ek like myself. Almal moet hulself like," vertel hy. 

KYK: Afrikaanse juffrou se unieke leerstyl laat die internet gons

Van Heerden wou ook weet hoekom Dozi altyd verlief raak op jonger vroue. 

"Ek het 'n baie jong siel. As ek met 'n vrou getrou het wat deur dik en dun by my gestaan het, was ek waarskynlik steeds met haar getroud."

Dozi het ook openlik gesels oor sy verhouding met sy seun, Storm, 26. 

"Ons verhouding was nog altyd sterk. Ek het met sy geboorte geweet dat dit die begin en einde van die beste tyd van my lewe gaan wees. Toe ons bymekaar was, kon ek my kant van die egskeiding met sy ma aan hom vertel," vertel hy. 

LEES: Sexy Brendan Peyper opsoek na liefde

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories