Protea-krieketspeler Faf du Plessis en vrou gaan nog ’n dogtertjie ryker word

Protea-krieketspeler Faf du Plessis en vrou gaan nog ’n dogtertjie ryker word

Faf du Plessis se vrou, Imari het die geslag van baba nommer twee onlangs verklap.

faf du plessis
Instagram.

Imari het die nuus met 'n baba-boep foto op Instagram met haar volgelinge gedeel. Die paartjie se eersteling, Amélie, is in 2017 gebore. 

LEES OOK:  '7de Laan'-manne wys lyf in nuwe fotosessie

“Nog net een haarafspraak voor ons klein dogtertjie opdaag,” het sy by ’n foto geskryf waar sy haar baba-boep wys.

Imari het ook vroeër hierdie week op haar Instagram-blad vir Faf geluk gewens op sy 36ste verjaardag. In die plasing herroep sy die eerste keer wat sy hom gesien het.

“Ek het dadelik geweet ek het nog nooit iemand soos jy ontmoet en ek sal ook nooit weer so iemand ontmoet nie. Dit het net ’n oomblik gevat om verlief te raak op jou. Hoe langer ek jou ken — hoe liewer word ek vir jou. My hele lewe se geluk is in jou toegedraai. Jy het die vermoë om almal rondom jou te laat groei, altyd besig om te lei."

Show's Stories