Gauteng én Pretoria spog met die meeste SARIE Voorbladgesig inskrywings

Gauteng én Pretoria spog met die meeste SARIE Voorbladgesig inskrywings

SARIE Voorbladgesig is terug en is op soek na die 11de wenner vir die gesogte Oktober-voorblad - en dit kan jy wees!

SARIE Voorbladgesig: Gauteng én Pretoria spog met die meeste inskrywings
Instagram / SARIE Tydskrif

SARIE vier nie net vanjaar haar 70ste verjaardag nie, maar is ook op soek na die 11de Voorbladgesig-wenner. 

Laasjaar het Emari Gieselbach (35), ma van twee van Centurion as die gesogte wenner weggestap. Gieselbach is 'n kunsonderwyseres by Sutherland High School. 

Kyk na die wenoomblik hier:

LEES OOK: WATCH: Centurion mom of two, now magazine cover star

Maar nou is dit jóú kans! SARIE het onlangs aangekondig dat Gauteng die provinsie met die meeste inskrywings is. Die stad wat sover voorloop met die meeste inskrywings is Pretoria. 

Johannesburg en Centurion is ook van die stede met van die meeste inskrywings.  

Skryf nóú in met jou mooiste foto's.

Maar wat maak SARIE Voorbladgesig vanjaar anders? 

Vir die eerste keer is daar geen ouderdomskategorieë nie. Die Voorbladgesig-soektog word nie vir televisie verfilm nie en sal gebruik maak van hul eie digitale platforms. 

Só hoe werk dit? Alle dames móét minstens 18 jaar oud wees en matriek voltooi het. Die beoordeelaars kies 36 semifinaliste wat in SARIE se Julie-uitgawe sal verskry. PLUS, vier wat die meeste stemme op voorbladgesig.sarie.com gekry het. Uit dié 40 finaliste kies beoordeelaars tien finaliste wat in die September-uitgawe sal verskyn.

Só, sal Gauteng weer die gesogte titel neem? 

Show's Stories