Shaleen Surtie-Richards terug as Fiela

Shaleen Surtie-Richards terug as Fiela

Shaleen Surtie-Richards keer terug na die verhoog in die rol wat haar bekend gemaak het amper 30 jaar gelede.

Shaleen Surtie-Richards
Supplied

Fiela Se Kind begin die maand by Emperor's Palace draai met Shaleen in die hoofrolverdeling saam met nuweling Vian Singleton as die jong Benjamin Komoetie.

 

Shaleen sê dis wonderlik om weer Fiela te speel.

 

"Dertig jaar en soveel ander rolle later, maar Fiela kom nog so natuurlik vir my," sê sy.

 

Shaleen erken dat kort na die film in 1988 vrygestel is wou sy wegkom van die rol, maar amper 30 jaar later keur sy terug na Fiela om die jeug e leer van liefde.

"Die oorhoofse boodskap is liefde. Fiela is so ongelooflik lief vir haar seun, Benjamin en wanneer die magistraat hom wegneem, raak dit my nogsteeds na al die jare.”

 

Shaleen meen toe regisseur Frans Swart haar die geleentheid gebied het om weer Fiela te speel, het sy nie twee keer daaroor gedink nie.

 

"Weet jy, toe ek daai kopdoek opsit, toe kom alles weer terug. Toe is ek weer Fiela.  En elke akteur kry mos een rol wat net vir hom of haar bedoel is.  Fiela is my rol en dis  'n eer vir my om weer te gaan delf in Dalene Matthee se uitstekende roman wat met soveel liefde geskryf is," sê sy.

 

Shaleen is van 20 Junie tot die 2de Julie te sien as Fiela by die Theatre of Marcellus by Emperor's Palace.

 

Kry kaartjies hier.

Show's Stories