Simoné Pretorius gesels oor ma-wees, Mej. Suid-Afrika en die toekoms

Simoné Pretorius gesels oor ma-wees, Mej. Suid-Afrika en die toekoms

Die gewilde aktrise Simoné Pretorius gesels met Jacaranda FM oor ma-wees, haar rol as Mej. Suid-Afrika-beoordeelaar, en wat die toekoms inhou. 

Simone Nortmann
Instagram/ Simon Pretorius

Aktrise Simoné Pretorius het geen bekendstelling nodig nie. Sy was al te sien in sepies soos '7de Laan' en 'Binnelanders'. Pretorius is veral bekend vir haar rol in 'Vir Die Voëls'. 

Die fliek is 'n kortverhaal deur Irma Humpel gebaseer, getiteld 'Slim Vang Sy Baas'. Die storie gaan oor die ware liefdesverhaal van Irma en Sampie de Klerk van Newcastle. Irma het dit vir ’n leserswedstryd ingeskryf. Huisgenoot het die film in samewerking met kykNET Films en The Film Factory vervaardig.

Deur die jare was Pretorius in 'n verskeidenheid van produksies te sien, maar onlangs het sy 'n nuwe rol aangeneem toe sy as  Mej. Suid-Afrika-beoordeelaar werksaam was. 

"Ek was baie beindruk met die meisies, maar ek was opsoek na 'n meisie wat spontaan, eerlik en eg was. En ook na iemand waarna ander meisies kan opkyk na.

"Mej. Suid-Afrika is die nasie se trofee en 'n rolmodel vir al in 'n land soos Suid-Afrika met al haar uitdagings."

Pretorius het ook laasjaar die rol van ma begin vertolk. In 2021, het Pretorius en haar man, Andries Pretorius hul eersteling, Harper Harvest, verwelkom. 

"Dit is vir my die lekkerste om 'n mamma te wees, maar ook 'n groot verantwoordelikheid."

Pretorius werk tans aan 'n komedie-reeks vir kykNET en dan hou sy haar lyf draaiboekskrywer. Sy werk ook aan 'n draaiboek vir kykNET wat op een van Daleen Matthee se boeke gebasseer is.

"Ek is ook tans besig met 'n film, 'Soldoedie', wat gebasseer is op my ma se lewe." 

Pretorius vervaardig die fliek saam met Film Factory en is steeds opsoek na ekstra beleggers vir die fliek. 

Volg ons op sosiale media: 

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories