Snotkop video maak steeds opspraak
Updated | By MornéJK
Afrikaanse sanger Snotkop se musiekvideo vir sy treffer, Cool Soos Koos Kombuis, het die 1 miljoen merk verbygesteek met aanhangers wat steeds dié video aanlyn kyk.

Dié video, waarin Snotkop die geleentheid gehad het om saam met sy "hero" te werk, is skaars 6 maande gelede vrygestel en het sedertdien teen 'n gemiddeld van sowat 5500 kyke per dag geklim.
"Cool soos Koos Kombuis" is een van die snitte op Snotkop se HKGK-album, wat in Junie 2016 vrygestel is en reeds meer as 26 000 eksemplare verkoop het.
LEES OOK: Snotkop se nuwe musiek video te stout?
"Musiek máák is een ding, maar wanneer mense dit koop, dit inneem en dit soos 'n veldbrand versprei, is die bevrediging regtig onbeskryflik! My innige dank aan elkeen wat tot die vervaardiging van die album en musiekvideo bygedra het, elkeen wat dit help versprei het, elkeen wat my shows bywoon, my musiek koop en die video van hierdie song deel. Dankie, by uitsondering, aan die legend self - Koos Kombuis - vir sy bydrae en lewenslange inspirasie!" sê hy.
Show's Stories
-
Jeremy Loops takes to massive global music festival stage
South African musician Jeremy Loops took to the stage at one of the worl...
Breakfast with Martin Bester an hour ago -
Where to collect water during Rand Water maintenance
Water tankers where residents can collect water have been placed across ...
Breakfast with Martin Bester an hour ago