VIDEO: Lizz Meiring praat oor haar nuwe fliek
Updated | By MornéJK
Aktrise Lizz Meiring meen die nuwe Afrikaanse fliek, Hoener Met Die Rooi Skoene,is baan-brekers werk wat elke Suid-Afrikaner moet sien.

Lizz Meiring is te sien in die rol van Bonnie van der Byl in die riller-komedie wat jou tone sal laat krul en sê die karakters is uniek, oorspronklik en magies.
Bonnie is 'n ontvangsdame van die internasionaal bekende De Waal Teateragentskap.
Terwyl sy een aand weer lustig voorklets op die foon, vermoor iemand haar baas, die suksesvolle, maar minder gewilde sakeman en impresario Du Toit de Waal.
"Dit is een van die mees unieke, oorspronklike flieks wat nog ooit uit Suid-Afrika gekom het. Wanneer laas het jy 'n komiese, riller, moordstorie gesien?" meen Lizz.
Sy voer ook aan dat die tyd aangebreek het vir nuwe genres in die Afrikaanse filmbedryf.
"Dis gald nie platvloers nie, dit is slim en dis fyn," sê Lizz.
Lizz sê ook dat sy steeds, na 23 films, sukkel om na haarself op die grootskerm te kyk.
"Na 33 jaar in die bedryf het ek nog nooit daaraan gewoont geraak nie. Ek kyk na my pof-rot wange en dink: Lizz, jy moes eerder dit gedoen het of dat anders gedoen het..." sê sy laggenderwys.
Hoener Met Die Rooi Skoene begin eerskomende Vrydag by fliekteaters wys.
Show's Stories
-
Sensory Sensitivity: How do I help my child?
"A child who's always moving around in their seat, not able to sit still...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 29 minutes ago -
LISTEN: SA artist shares new song about the struggles rugby referees face
The hilarious South African artist, Keith Juluka, recently visited Break...
Breakfast with Martin Bester 2 hours ago