'Dankie dat julle Willem in jul gebede opgedra het,' sê pa Tian Kruger

'Dankie dat julle Willem in jul gebede opgedra het,' sê pa Tian Kruger

Die familie van ontslape Willem Kruger het Suid-Afrikaners bedank vir hul ondersteuning.

Willem Kruger Profile File Photo
Facebook

“Ons is oneindig dankbaar vir al die ondersteuning,” sê Willem se pa Tian Kruger.


 


Die 29-jarige man se liggaam is Dinsdag in die Vaalrivier gevind.


 


‘n Reuse soektog is van stapel gestuur na hy Sondag na ‘n ramparty by Henbase Lodge vermis geraak het.


 


Sy Toyota Hilux bakkie is ook in die rivier gevind.


LEES: Willem Kruger se liggaam in Vaalriver gevind


 


Die voertuig is gestuur vir forensiese analise terwyl 'n nadoodse ondersoek op sy liggaam ook gedoen word.


 


“Van die familie se kant af wil ons almal wat hulp verleen het tydens die soektog bedank asook elke persoon wat ons en Willem in hul gebede opgedra het,” sê Tian, ‘n boer van Groblersdal in Limpopo.


 


‘Rus in vrede’-boodskappe stroom steeds in op sosiale media.


 


Die begrafnisreëlings vir Willem is nog nie bekend gemaak nie.

Show's Stories