'Ek het nie meer ‘n rede om te leef nie’, sê Kestell-boer na gru-moorde
Updated | By Nathan Daniels & Dane Beisheim
Die eienaar van ‘n plaas buite Kestell in die Vrystaat, Alheit Smit, sê hy het geen rede om meer te leef nie na die gru-moord op sy vrou en ses ander.

“Nou het ek nie meer ‘n rede om te leef nie, want sy is nie meer daar nie,” sê Smit, die eienaar van die plaas Lismor buite Kestell.
Sewe mense, onder wie sy vrou Sesi Smit, haar seun en vyf vroulike werknemers is op sy plaas verlede Vrydag vermoor.
Twee mans, Kamohelo Motankisi en Lerato Selepe, is in verband met die moorde inhegtenis geneem.
Hulle staan tereg op aanklagte van moord, verkragting, roof met verswarende omstandighede, huisbraak en die besit van onwettige vuurwapens.
Two arrested less than 24 hours after Kestell murders
Die verdagtes het Woensdag in die landdroshof op Kestell verskyn en hul borgtogaansoeke laat vaar.
Smit sê dit voel asof sy hele lewe van hom weggeneem is.
“Ek het nie meer ‘n vrou om meer vir my te sorg nie, soos dit is vir my baie onduidelik wat ons nou gaan doen, met die huis en alles – want ek kan nie alleen doen nie.”
Smith, wat al vir reeds meer as 40 jaar op diè plaas woon, eis dat die verdagtes lewenslank agter tralies gegooi word.
Seven shot and killed on Free State farm
“Hulle moet nooit weer uitkom nie, lewenslank is wat ek verwag.”
Die saak is tot 14 September uitgestel vir verdere ondersoek.
Show's Stories
-
WATCH: SA reacts to TikToker's new spin on a classic SA dish
If you are bored of eating normal pap, here is a new recipe for you to try.
The Drive with Rob & Roz 54 minutes ago -
WATCH: Man causes outrage during first bunny chow tasting
This is the perfect example of how NOT to eat a bunny.
The Drive with Rob & Roz an hour ago