LUISTER: Hougaard se long het platgeval, sê Nádine
Updated | By Jacaranda FM
Die voormalige Springbok losskakel Derick Hougaard se linker long het drie dae gelede platgeval, sê sy vriendin Nádine.

Die sangeres het Woensdag oggend aan Jacaranda FM Nuus gesê die die onderste deel van Hougaard se regter long het ook daarna platgeval.
Hougaard, wat agt keer vir die Springbokke uitgedraf het, is verlede Saterdag in die Steve Biko Akademiese Hospitaal in Pretoria opgeneem na hy bewusteloos by huis gevind is.
Nádine sê Hougaard speel die hardste wedstryd van sy lewe.
Nádine sê Hougaard is by Steve Biko opgeneem na die fasiliteit voorgestel is deur die ambulans personeel.
"Hulle het gesê dat hy direk in intensiewe sorgeenheid (ICU) moes ingaan en vir n onbepaalde tyd sou moes bly. Ek is DANKBAAR Derick is daar opgeneem want ek kan getuig dat die dokters en susters fantasties is in hierdie afdeling. Ek glo dat Derick die beste behandeling en sorg daar kry! Boonop is hy te krities om enigsins geskuif te word en daarom word daar geen scans tans gedoen nie, behalwe X-strale van sy longe.
"Hy is stabiel, maar sy longe is bitter siek, daarom bid ons konstant vir genesing, vir suurstof en minder koolstofdioksied in sy liggaam."

MORE ON JACARANDA FM:
Show's Stories
-
LISTEN: Widow's new partner upset about old wedding ring
There is no one-size-fits-all when it comes to navigating grief.
The Drive with Rob & Roz 13 hours ago -
WATCH: Wimbledon champion shares sweet moment with young royals
Which is rarer: meeting a Wimbledon winner or a British Royal family mem...
The Drive with Rob & Roz 13 hours ago