LUISTER: SA-vrou probeer honde uit Soedan huis toe bring
Updated | By Christelle du Toit
"Daar is nou baie logistieke nagmerries tussen Aswan en Kairo," sê Young.
Ilse Young, 'n ma van 'n drie-jarige tweeling, het daarin geslaag om saam met haar kinders die voorslepende geweld in Soedan te ontsnap, en om haar twee Skotse Terriers land-uit te kry.
Sy probeer egter nog om die honde terug in Suid-Afrika te kry, met haar man, Adam, wat agtergebly het om dit te probeer fasiliteer.
LEES OOK: Pandor: Continued internet in Sudan helped with evacuation
https://www.jacarandafm.com/news/news/pandor-continued-internet-sudan-helped-evacuation/
Adam en die honde
is tans in Aswan in Egipte, en met duisende mense wat na die land gestroom het om die
konflik in Soedan te ontsnap, sukkel hulle nog om die honde op 'n vlug na Suid-Afrika
te kry.
"Daar is nou baie logistieke nagmerries tussen Aswan en Kairo," sê Young.
"Ons het vanoggend besluit ons gaan dat
hulle weer (per pad) vervoer (word) – dis nou 12, 13 ure met 'n voertuig."
Luister na Young hier onder:
Gallery
Young het haar man in Kartoum ontmoet waar sy skool gegee het en hy in die kos bedryf gewerk het.
Young sê toe die geweld uitgebreek het in Khartoum, was dit veral vir hulle moeilik om te vlug met twee jong kinders.
Sy sê terwyl sy nooit in die verlede onveilig gevoel het in Soedan nie, was die stropery wat die geweld gepaard gegaan het kommerwekkend.
Luister hier onder hoe Young vertel wat dit behels het om land-uit te kom:
Show's Stories
-
Instagram CEO reveals what happens when you accidentally like old posts
If you have ever done a deep dive on an ex’s Insta profile and accidentall…
The Drive with Rob & Roz 2 hours ago -
Win R25,000 with Hi-Lo on The Drive with Rob and Roz
Play along on The Drive with Rob & Roz from 16:00-19:00 and you can st…
The Drive with Rob & Roz 5 hours ago