Northern Cape pupils face lifetime ban, criminal charges for referee attack
Updated | By Mmangaliso Khumalo
An attack on a referee during a rugby game involving two schools in the Northern Cape could see a group of parents and pupils facing criminal charges.

The parents and pupils at Hoërskool Daniëlskuil stormed the field and attacked the referee and a teacher while the game was being played on Saturday.
According to the Northern Cape Education Department, they were unhappy with some of the decisions made by the referee.
The department’s spokesperson Sydney Stander says the pupils who were involved will also face an internal disciplinary process.
"As the Northern Cape Department of Education we are of the view that this type of behaviour is unbecoming and unacceptable. We will also be subjecting the learners who are involved in this field to an internal disciplinary process at the level of the school."
The referee has been urged to report the incident to the police.
"They must be banned from all future rugby games under the auspices of the Northern Cape Department of Education,” says Stander.
Ons by Skolerugby SA keur wat by Hoërskool Danielskuil gebeur het, ten sterkste af. Kyk die video. Lees die berig. En vra jouself af wat sulke gedrag ooit kan regverdig. Indien jy die gedrag van die aanvallers goedpraat of dink dis reg, doen ons ‘n guns en verlaat ons groep asb. Berig deur Netwerk24. ✋✋✋✋✋✋✋✋✋✋✋✋✋✋✋✋ n Onderwyser van die Hoërskool Daniëlskuil in die Noord-Kaap en ’n skeidsregter van die Griekwaland-Wes skeidsregtervereniging is Saterdag deur ’n hulpafrigter, verskeie ouers en twee 15-jarige leerlinge van die skool ernstig tydens ’n rugbywedstryd aangerand. Kapt. Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig en sê die polisie ondersoek ’n saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer. Die Noord-Kaapse onderwysdepartement het Sondag die voorval veroordeel en gesê al die skool se tuiswedstryde is dadelik tot en met die uitkoms van ’n dissiplinêre verhoor opgeskort. Sydney Stander, departementele woordvoerder, sê die wedstryd tussen die Hoërskool Daniëlskuil en die Hoërskool Kathu het as deel van die departement se skolesportkalender plaasgevind. Die wedstryd is by die Hoërskool Daniëlskuil gespeel. “Ons is bewus van die voorval Saterdag tydens ’n wedstryd tussen die twee skole. Ons erken dat Christo Kemp, ’n onderwyser van die Hoërskool Daniëlskuil is.” Kemp is deur die skeidsregtervereniging aangestel om die wedstryd te hanteer. Stander sê ’n voorlopige verslag dui daarop ondersteuners van die Hoërskool Daniëlskuil ontevrede was oor hoe Kemp die wedstryd hanteer het. “Ná afloop van die wedstryd het ’n ouer hom glo gejaag en hom aan die hoofkant van die veld ingehaal, waarna die hulpafrigter Kemp eerste geslaan het.” ’n Video van die voorval wys ook hoe die hulpafrigter die eerste hou na Kemp slaan. Stander sê twee ouers het toe ook betrokke geraak en Kemp aangerand. Fires van Vuuren, ’n skeidsregter van die Griekwaland-Wes skeidsregtersvereniging, wat ’n ander wedstryd sou hanteer, het Kemp te hulp gesnel. Ook hy het onder die houe deurgeloop. In ’n stadium het hy bo-op Kemp geland om hom teen die aanslae te probeer beskerm. Stander sê twee o.15-rugbyspelers van die betrokke span het ook by die geveg betrokke geraak. Die leerlinge kan op die video gesien word waar hulle Kemp en Van Vuuren skop. Op die video kan ook gesien word hoe leerlinge van die Hoërskool Kathu Kemp en Van Vuuren te hulp snel en hulle dan van die veld vergesel sodat hulle nie verder aangerand word nie. Een van die ouers wat Kemp aangerand het is glo ’n vername sakeman van Daniëlskuil. Stander sê omdat die skolerugby onder die Griekwaland-Wes se Hoërskole-rugbyvereniging geaffilieer is, wag die vereniging vir die nodige verslae, waarna al die skuldiges dissiplinêr deur die Griekwaland-Wes-Rugby-unie verhoor sal word. “Alle tuiswedstryde vir die skool word voorlopig opgeskort tot die proses afgehandel is.” Stander sê skole is verantwoordelik om die veiligheid van die skeidsregters te verseker. Die veld moet afgeskort word sodat geen toeskouer nader as 5 m van die veld mag wees nie. “Die skool het hier sy plig versuim.” Kemp word tans in ’n nabygeleë hospitaal vir sy beserings en trauma behandel. “Die standpunt van die Noord-Kaapse onderwysdepartement is dat dié gedrag deur ouers en skoliere absoluut onaanvaarbaar was. Daar is nie plek hiervoor in skolerugby nie. Ons is van mening dat Mnr. Kemp ’n saak by die polisie moet indien sodat die beskuldigdes ten volle verantwoordelik gehou word.” Die departement het ’n beroep op die skool en owerhede gedoen om die leerlinge op die video te identifiseer sodat tugmaatreëls so gou moontlik toegepas kan word. Die departement het Kemp ’n spoedige herstel toegewens. Van Vuuren het nie ’n strafregtelike klag ingedien nie, maar sê hy is besig met om met sy regspan te konsulteer om ’n siviele eis teen die aanvallers te bring. Niemand is nog weens die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie se ondersoek duur voort.
Posted by Marlyn Ingram on Sunday, May 29, 2022
ALSO READ:

Show's Stories
-
LISTEN: Widow's new partner upset about old wedding ring
There is no one-size-fits-all when it comes to navigating grief.
The Drive with Rob & Roz 12 hours ago -
WATCH: Wimbledon champion shares sweet moment with young royals
Which is rarer: meeting a Wimbledon winner or a British Royal family mem...
The Drive with Rob & Roz 13 hours ago