Owerhede in Thailand sny Ashley Oosthuizen se lewenslange tronkstraf

Owerhede in Thailand sny Ashley Oosthuizen se lewenslange tronkstraf

Die Suid-Afrikaner wat tans lewenslange tronkstraf in ‘n Thaise tronk uitdien, se vonnis is tot 33 jaar verkort.

Ashley Oosthuizen
supplied

‘n Hof in Koh Samui het die 23-jarige van George se tronkstraf tot 33 jaar verminder.


 


Oosthuizen is in Oktober 2020 by ‘n restaurant, waar sy as bestuurder gewerk het, in hegtenis geneem nadat sy vir ‘n pakkie geteken het.


 


Die pakkie, wat dwelms bevat het, was nie aan Ashley geadresseer nie.


 


Haar pa, Andrè Oosthuizen, het die uitspraak aan Jacaranda FM News bevestig.


 


“Ons weet nie of dit goed of sleg, of watookal is nie. Ons moet eers duidelikheid kry voor ons ‘n besluit neem,” sê Oosthuizen.


 


Die familie sal teen volgende week besluit of hulle na die Appèlhof sal draai.



WATCH: 'God will provide answers' - Ashley Oosthuizen’s mother


 


“Party mense sê as jy skuldig pleit kom jy vinniger uit ander sê as jy aanhou baklei, hou hulle hulself net hard en jy kom nêrens nie. Ons probeer om by die regte mense uit te kom, en die regte antwoorde te kry.”


 


Ashley sal na verwagting Vrydag met haar ma, Lynnette Blignaut, per telefoon in gesprek tree.


 


Haar pa sê hulle het onlangs ‘n brief van Ashley ontvang, waarin sy noem dat “sy okay is en ons moet nie oor haar worry nie”.



Mother speaks after SA teacher arrested in Thailand


 


Ashley se familie bly vol moed dat sy op die ou einde vrygelaat sal word.


 


LUISTER NA DIE ONDERHOUD HIERONDER:


Show's Stories