KYK: '7de Laan' se gewilde 'Paula' deel pragtige troufoto
Updated | By Breakfast with Martin Bester
Diaan Lawrenson, het sosiale media laat gons toe sy vroeër die jaar 'n pragtige troufoto op sosiale media gedeel om haar huweliksherdenking te vier.
Die gewilde aktrise, Diaan Lawrenson, en haar man Jody Abrahams, het die jaar hulle negende huweliksherdenking gevier!
Die bekende Suid-Afrikaanse aktrise, Diaan Lawrenson, het 'n pragtige troufoto op sosiale media gedeel om haar huweliksherdenking te vier.
Lawrenson en haar man, Jody Abrahams, wat ook 'n bekende akteur is, het hulle negende huweliksherdenking gevier, volgens die aktrise se plasing op sosiale media.
"Dit was 'n vibe. Dit is nogsteeds 'n vibe. Nege jaar getroud en 'n leeftyd saam," het sy onder die plasing geksryf.
Die paar is sedert 2014 getroud en het Woensdag die nege-jaar-mylpaal gehaal.
Die aktrise is veral bekend vir haar rol as 'Paula van der Lecq' in die Afrikaanse-sepie '7de Laan', 'Chadrie Snyman' in die film 'Semi Soet' en haar mees onlangse rol as 'Anet Ludik' in Netflix se eerste Afrikaanse-reeks 'Ludik'.
MÓÉT-KYK: Hollywood-ster Katy Perry praat Afrikaans
Volgens The Citizen, is die aktrise ook die dekaan by AFDA se Kaapstad kampus.
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
Commuter's interpretation of the R1.12bn banana artwork
We love how people in New York 'disrupt' on a deeper level...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 2 hours ago -
How to be smart about money this festive season
How can you manage your money better this holiday season?
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 2 hours ago