Angelique Gerber spreek geslagsgeweld aan in nuwe film

Angelique Gerber spreek geslagsgeweld aan in nuwe film

Angelique Gerber se nuwe film 'Suzie' is 'n huldeblyk aan haar ouma wie 'n slagoffer van geslagsgeweld was. Sien meer hier!

Angelique Gerber
Facebook/ Screenshot

Angelique Gerber het onlangs in die Box-Op ring ingetree, teen Tasché Burger, om uit spraak te maak teen geslagsgeweld. 

Gerber het die geveg gebruik om haar ouma te huldig wie 'n slagoffer was van geslagsgeweld. Sy het haar ouma se naam 'Suzie' op haar boksbroek laat skryf ter herinniering van haar ouma. 

LEES: Angelique Gerber speaks out against gender-based violence following BOXOP victory

Nou, na die voormalige 'Boer Soek 'n Vrou'-aanbedier se Box-Op oorwinning, verfilm sy ook haar nuwe film 'Suzie'.

'Suzie' gaan 'n vollengte film wees wat haar ouma herdenk en uitspreuk lewer oor geslagsgeweld. 

Volgens Netwerk24, gaan die film die storie vertel van 'n ma (Suzie) wat die slagoffer van geslagsgeweld word en uiteindelik weer deur boks "haar innerlike krag ontdek". 

LUISTER: Luisteraar gelos met R1-miljoen se skuld na verhouding eindig

Die Suid-Afrikaanse akrise het in 'n onderhoud met Martin Bester die gruwelike geslagsgeweld waardeer haar ouma gegaan het gedeel. 

"My oupa het basies my ouma se dood veroorsaak," het sy gesê. Suzie, Gerber se ouma, is met pankreaskanker gediagnoseer na sy met 'n baton aangeval is deur haar man. 

Gerber het in die ring ingetree om fondse in te samel vir Family Protection Association, 'n nie-winsgewende organisasie, wat mans, vroue en kinders uit geweldadige situasies help. 

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Volg ons op sosiale media: 

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories