LUISTER: Luisteraar gelos met R1-miljoen se skuld na verhouding eindig

LUISTER: Luisteraar gelos met R1-miljoen se skuld na verhouding eindig

Wat is die ergste wat al met jou gebeur het na 'n verhouding beïndig is? 

Gay Couple
iStock

Ian, wie se van onbekend is, het Woensdag op Breakfast with Martin Bester se 'Confession Session' sy storie gedeel oor sy eks kêrel wat hom met omtrent R1-miljoen se skuld gelos het. 

"Kyk op die stadium het my eks 'n BMW waarmee hy rond ry wat op my naam is, wat hy nou al vir die laaste 15 maande nie betaal nie," het Ian aan Martin Bester gesê.

LEES: Angelique Gerber speaks out against gender-based violence following BOXOP victory

Dit stop nie daar nie, soos wat Ian meer vertel het van die situasie, het die storie nog meer skokkend geraak. 

"Hy [Ian se eks] het sewe lenings uitgeneem in my naam, hy het twee kredietkaarte uit ge-'max' en hy het ook geld gesteel by een van sy kliënte.

"Op die ou einde het hy vir hulle my adres gegee en hulle het al my furniture kom repossess." 

KYK: Angie Oeh laat die skare gons

Ian het ook gesê dat hy tans R30,000 'n maand betaal aan regskostes in die hoop om al sy besittings terug te kry, sowel as om sy eks te kry om verantwoordelikheid te vat vir die situasie.  

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Volg ons op sosiale media: 

Foto: iStock

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories