Bertus en Kobus gaan braaiers ‘oor die kole haal’

Bertus Basson en Kobus Botha gaan braaiers ‘oor die kole haal’ in Kokkedoor

Die gewilde Afrikaanse koswerklikheidsreeks Kokkedoor, wat vanjaar weer ’n hoofgereg op kykNET se kykgenot-spyskaart gaan wees, gaan sorg vir ure se kosvermaak met twee nuwe beoordelaars. Vir dié reeks trek deelnemers die keer ’n braai-voorskoot aan!

Bertus Basson
Verskaf/ kykNET

In 'Kokkedoor Vuur & Vlam' moet deelnemers die koskenners Bertus Basson en Kobus Botha met hul braai-vaardighede beïndruk.

Bertus is nie net een van Suid-Afrika se top-sjefs nie, maar is geruime tyd reeds ’n bekende gesig op Afrikaanse televisie. Só was hy die afgelope twee jaar die aanbieder van kykNET se In die Sop-werklikheidsreeks, waar hy en ’n span kundiges ingespring het om nuwe lewe in restaurante te blaas.

KYK: Ontmoet die tien boere van 'Boer Soek 'n Vrou' seisoen 15

Bertus se mede-beoordelaar is die braai-ghoeroe Kobus wat internasionaal die braaivleisvure hoog laat brand. Hy woon die afgelope paar jaar in Frankryk waar hy in ’n braaisensasie ontpop het. 

Die Kokkedoor-tafel is vir die eerste keer in 2013 vir kykers gedek en oor die jare het familielede van die reeks, waaronder Koekedoor, Kokkedoortjie en Koekedoortjie geurryke vermaak en inspirasie aan oud en jonk verskaf.

Vir Kokkedoor Vuur & Vlam gaan deelnemers alles in die vlamme, op die kole, binne-in die as of op die rooster moet voorberei.

LEES: 'Housewife' se luukse wildsplaas te koop vir R18-miljoen

kykNET is opsoek na die perfekte span-kombinasie van ’n onthoubraaier en kinkelbraaier, wat vurig is om kos oor die kole gaar te maak.

Wat is die verskil tussen hierdie kokke? ’n Onthoubraaier het nie formele sjef-opleiding en professionele ondervinding nie, maar hul hart klop warm vir tradisionele kos. Hulle word gekies vanweë hul vernuf as ’n tuisbraaier en hul kennis van onthoukos.

Daarenteen word Kinkelbraaiers gekies juis vir hul kwalifikasies en/of hul ondervinding in ’n erkende restaurant of professionele kombuis.

Friday Live: 'Die Kontrak 2' wenner Samantha Leonard sing 'Believe'

'Kokkedoor Vuur & Vlam' sal van Julie op kykNET uitgesaai word en word deur Homebrew Films vervaardig.

Skryf só in:

Besoek www.kyknet.tv, stuur ’n video per WhatsApp-boodskap na 064-736-5013 of stuur ’n e-pos na [email protected]. Elke persoon se inskrywingsvideo, maksimum drie minute lank, moet die volgende inligting bevat:

  • Stel jouself bekend;
  • Vertel wie jy is;
  • Waar kom jy vandaan;
  • Is jy ’n onthou- of ’n kinkelbraaier, en hoekom;
  • Hoekom wil jy deelneem.
Reëls:

Hoe oud moet iemand wees om deel te neem? Jy moet ten minste 18 jaar oud wees op die dag van die oudisie.

Kan enigiemand inskryf? Enige Suid-Afrikaanse of Namibiese burger wat ’n geldige identiteitsdokument het, kan inskryf.

Wanneer vind die oudisies plaas? Vir diegene wat die kortlys haal, sal oudisies in Februarie plaasvind.

Wanneer en waar gebeur verfilming? Persone wat deurdring om deel te neem, moet gedurende April/Mei in die Kaap-omgewing beskikbaar wees.

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

MORE FROM JACARANDA FM


Show's Stories