Bloemfontein-tiener na bewering uit mensehandel gered

Bloemfontein-tiener na bewering uit mensehandel gered

Bloemfontein gemeenskappe was verstom na 'n tiener van die stad uit mensehandel gered is. Lees meer hier!

Bloemfontein Mensehandel
Facebook/ FWAFNA/ Screenshot

Volgens 'n Facebook-plasing van die Fichardtpark Woonbuurt-vereniging (FWA) is 'n 19-jarige meisie uit verdagte mensehandel gered na twee beweerde dwelmhandelaars vasgetrek is in Gardenia Park, Bloemfontein. 

Die twee verdagtes is deur die Valke vasgetrek met behulp van die FWA, AfriForum en ander veiligheidsdienste. 

LUISTER: Nuwe Afrikaanse reeks op JacPod sal jou hare laat rys

Volgens Netwerk24, is die Valke tans besig om 'n klag van mensehandel te ondersoek na die twee verdagtes vasgetrek is. Daar is ook tydens die arrestasie dwelms in die verdagtes se kar gevind. 

Kapt. Christopher Singo het bevestig aan Netwerk24 dat die meisie in Hospitaalpark uit 'n kar gered is. "Sy kon daarin slaag om met haar ma te praat en haar ligging vir haar ma te stuur, wat toe die polisie ingelig het," het Singo gesê. 

Die twee verdagtes wat na bewering die meisie gewerf het sal Donderdag in die hof verskyn op aanklagte van mensehandel. 

LUISTER: Kriminele die eintlike wenners van Saterdag se rugby

Volgens Kapt. Christopher Singo is die 19-jarige slagoffer op sosiale media gewerk na sy 'n werk in Vanderbijlpark belowe is. "Sy is dwelms ingegee en as 'n sekswerker gebruik."

Manie de Klerk van AfriForum het aan Netwerk24 gesê dat meer inligting nie bekend gemaak kan word nie, aangesien hierdie arrestasie deel is van 'n groter ondersoek. 

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Volg ons op sosiale media: 

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories