LUISTER: Kriminele die eintlike wenners van Saterdag se rugby

LUISTER: Kriminele die eintlike wenners van Saterdag se rugby

Saterdag se toetswedstryd by Ellis Park was glo 'n goue geleentheid vir kriminele na vele berigte van misdaad opgeduik het. 

crime scene generic picture
Emer-G-Med

Na Saterdag se rugby op Ellis Park het baie stories van misdaad kop uitgesteek. Volgens berigte, is talle mense se selfone en ander besittings tydens die toetswedstryd gesteel. 

LEES: Angelique Gerber spreek geslagsgeweld aan in nuwe film

Een luisteraar, 'n vryskutfotojoernalis, het met op Breakfast with Martin Bester vertel hoe sy kamera gesteel is uit 'n spesiale kamer wat juis vir fotograwe toegerus was. Christiaan Kotze vertel dat hy na die kamer teruggekeer het, na hy sy laaste take verrig het, waar hy toe bewus gemaak is dat items uit die kamer gesteel is. 

"Ek het 'n kamera verloor en nog 'n fotograaf het 'n lens verloor," het Kotze vertel.

Kotze beweer dat van die lense in die vertrek tot op R185,000 gekos het en dat sy gesteelde kamera se waarde R84,000 was. 

Ander slagoffers het ook na vore gekom om hulle storie te deel. 

André (van onbekend) van Krugersdrop het die traumatiese manier waarop hy en sy vriende beroof is ook gedeel. 

"Na die game het hulle [die rowers] het van agter af gekom en [my vriend] om die nek gegruip en hom verwurg en toe sy selfoon uit sy sak uit gesteel," vertel André. Een van André se ander vriende is ook beroof terwyl hy in 'n ry gestaan het om vermoedelik bier te kry.

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Volg ons op sosiale media: 

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories